dcsimg

Rooinekswael ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

 src=
Cecropis daurica

Die rooinekswael (Cecropis daurica, sinoniem: Hirundo daurica) is 'n klein voël in die swaelfamilie en lyk baie soos Europese swaels.

Identifikasie

Rooinekswaels het blou bolywe en rooi-bruin onderlywe, nek en gesig. Hulle het ook swart ondervere. Soos baie ander swaels, is hulle vinnige vlieërs en duik na die grond tydens vlug om insekte op te pik. Hulle vlerke is breed met 'n punt.

Habitat

Die rooinekswael bou sy nes gewoonlik aan die onderkant van 'n afgrond se oorhang, maar is vinnig om aan te pas en rooinekswaelnesse word gereeld by geboue soos moskees en brûe aangetref. Die nes van 'n rooinekswael lyk op 'n sfeerkwart, met 'n tonnel-ingang wat met modder versterk word. Die wyfie lê 3 tot 6 eiers. Hulle vorm nie as 'n reël groot broeikolonies nie, maar is baie sosiaal buite die broeiseisoen.

Verspreiding

Die voëls broei in oop, heuwelagtige gebiede in matige dele van Suid-Europa en Asië, van Portugal en Spanje tot Japan, Indië en tropiese Afrika. Die voëls in Afrika en Indië migreer nie, terwyl die res hulle winter in Afrika en Indië spandeer.

Ander name

  • Wetenskaplike naam: Hirundo daurica
  • Engelse naam: Red-rumped Swallow

Sien ook

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Rooinekswael: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF
 src= Cecropis daurica

Die rooinekswael (Cecropis daurica, sinoniem: Hirundo daurica) is 'n klein voël in die swaelfamilie en lyk baie soos Europese swaels.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF