dcsimg
Image of April fool
» Plants » » Angiosperms »

April Fool

Haemanthus sanguineus Jacq.

Velskoenblaar ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die velskoenblaar of bobbejaanoor (Haemanthus sanguineus) is 'n Suid-Afrikaanse bolplant wat endemies in die fynbos van die Wes-Kaap en Oos-Kaap voorkom. Die SANBI-rooilys beskryf dit as 'n veilige (LC) en stabiele spesie.[1]

Die plant is dormant in die somer en kan nie gesien word nie. In die herfs verrys 'n treffende bloedrooi blom vanuit die grond. Dit bestaan uit 'n bloedrooi stam wat 'n massa van klein rooierige en geel blommetjies dra.

Die plant produseer twee ronde leeragtige blare in die herfs en winter. Hierdie blare lê plat op die grond en het tipies 'n rand van rooi haartjies. Die blare is diep groen aan die bokant, maar het pienk en rooi kolle aan die onderkant.

Fotogalery

Verwysings

  1. "SANBI-rooilys". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Junie 2020.

Eksterne skakels

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Velskoenblaar: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die velskoenblaar of bobbejaanoor (Haemanthus sanguineus) is 'n Suid-Afrikaanse bolplant wat endemies in die fynbos van die Wes-Kaap en Oos-Kaap voorkom. Die SANBI-rooilys beskryf dit as 'n veilige (LC) en stabiele spesie.