dcsimg

Meeue ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Meeue (en sterretjies) is 'n familie van seevoëls in die orde van steltloperagtiges (Charadriiformes). Die familie omvat 11 genera met ongeveer 102 spesies.[1]

Spesies in die familie is oor die algemeen middelgroot tot groot voëls, meestal grys of wit, dikwels met swart merke op die kop en snawel. Hulle het 'n tipiese skel, krysende roep. Hul snawels is stewig en redelik lank; en hul pote is van swemvliese voorsien.

Algemeen

Meeue (familie Laridae) is betreklik groot swemvoëls van die koue en gematigde streke wat hoofsaaklik langs die kus, maar soms ook by binnelandse waters, aangetref word. Hulle het kort sterte, lang vlerke en kort pote met swemvliese tussen die tone. Die snawels is stewig en sterk. Die groter spesies se bosnawel is gekrom en eindig in 'n haakvormige punt.

Die algemene kleur is wit en spesies word onderskei op grand van die grys of swart patrone van die vlerke en die kleur van die pote. In Suider-Afrika word drie spesies algemeen aangetref. Die bekendste is die swartrugmeeu (Larus dominicanus). Soos sy naam aandui, het hy 'n swart rug en swart vlerke; sy snawel is organjegeel. Van Port Elizabeth af ooswaarts word die gryskopmeeu (Larus cirrocephalus) aangetref.

Tydens die broeityd het hy 'n duidelike grys "kappie" op die kop. Sy snawel is donkerrooi en die pote is grysrooi. In teenstelling met die ander twee meeue is die gryskopmeeu hoofsaaklik ʼn varswatermeeu wat oor die grootste gedeelte van Suider-Afrika aangetref word. Die witkopmeeu of sterretjie (Larus novaehollandiae) lyk soos 'n kleiner weergawe van die gryskopmeeu maar sonder 'n grys kappie.

In die broeityd het sommige voëls van hierdie spesie 'n baie ligte pers ring om die nek. Drie ander meeuspesies (genus Larus) doen af en toe Suider-Afrikaanse kuste aan.

Leefwyse

Meeue word hoofsaaklik langs die kus aangetref, maar soms kom hulle ook in die binneland voor. Die swartrugmeeu word byvoorbeeld soms by Chrissiesmeer naby Carolina gesien, terwyl die gryskopmeeu algemeen by varswaterplekke is. Die meeste meeue is alleseters.

Hulle is goeie vlieërs en volg dikwels skepe op soek na afval wat oorboord gegooi word of na visse wat deur die skip na die oppervlak gejaag word. Hulle duik nie juis na kos nie, maar pik dit van die oppervlak af op terwyl hulle swem. So nie, staan hulle op die strand en wag die branders in wat seediertjies uitspoel.

Meeue broei in kolonies. Die nes bestaan of uit 'n vlak kuil tussen gras, of is 'n pieringvormige konstruksie van seegras en stokkies wat tussen rotse gebou word. Die twee tot drie eiers is wit, bruinerig of olyfgroen en gespikkel. Die kuikens is bruin gevlek en verlaat die nes na ses tot agt weke. Dit duur egter twee tot drie jaar voordat hulle die kleur en kleur patroon van die volwasse meeue het.

Indeling

Ornitoloë is dit nie eens oor die klassifikasie van meeue nie. Die indeling wat tans gebruik word, is op kenmerke van die liggaamsbou gegrond. Wat gedrag betref, kan die indeling in bale gevalle egter anders lyk.

Kolonies wat om die een of ander rede geen kontak met ander het nie - byvoorbeeld weens geografiese skeiding - kan in die loop van tyd bepaalde kenmerkende eienskappe ontwikkel. 'n Goeie voorbeeld hiervan is die klassifikasie van die silwermeeu (Larus argentatus) en die klein swartrugmeeu (Larus fuscus) wat ook soms by Durban aangetref word.

Tans word hulle as aparte spesies beskou, maar daar word vermoed dat hulle ontwikkel het uit een spesie van Oos-Siberië waarvan daar mettertyd subspesies wes sowel as oos van die oorspronklike voorkomsgebied ontstaan het. Albei spesies kom in Wes-Europa voor en verskil uiterlik sowel as in gedrag, en hulle paar gewoonlik nie onderling nie. Gemengde pare is wel al aangetref en die nasate van die kombinasie was vrugbaar. Dit dui daarop dat hulle eintlik as subspesies van dieselfde spesie beskou moet word.

Gedrag

Baie navorsing is oor meeue, veral silwermeeue, gedoen en daaruit blyk dat die meeue ʼn uitgebreide sosiale gedrag vertoon. Die taal waarmee die lede van ʼn kolonie met mekaar in voeling bly, bestaan uit minstens 18 verskillende roepgeluide wat, na gelang van toonhoogte en geluidsterkte, kan dui op byvoorbeeld opwinding of ʼn voedselvonds, of dit kan 'n alarmroep wees, ensovoorts.

Spesiale geluide word gebruik om kuikens of paarmaats te roep. Die voortplantingsgedrag van silwermeeue het ook 'n aantal kenmerkende eienskappe. Die meeste voëls keer jaarliks na dieselfde broeiplek terug en soek hul vorige paarmaat op.

Die mannetjie bewaak en verdedig sy nes teen indringers en die wyfie kom bedel kos by hom as 'n teken van vriendskap. Die balts wat paring voorafgaan, bestaan uit 'n groot aantal rituele waarby die voëls onder meer hul koppe skud en saam nesmateriaal versamel. Sowel die mannetjies as die wyfies broei en die kuikens word hoofsaaklik deur die mannetjie gevoer. 'n Ander bekende Europese meeu is die kokmeeu (Larus ridibundus), wat in die broeityd 'n donkerbruin kop het en in die winter, afgesien van een bruin vlek, spierwit is.

Die nesdigtheid in hierdie meeue se kolonies is besonder hoog en die groot getalle voëls bied goeie beskerming teen indringers. In die Middellandse See-gebied kom ook 'n swartkopmeeu (Larus melanocephalus) voor, terwyl ʼn baie seldsame soort (Larus audouinii) slegs op enkele klein eilande in die Middellandse See aangetref word. Die bekendste meeu van die Oosseekus is die stormmeeu (Larus canus). Wanneer onweer dreig, trek hulle in groot swerms na die binneland.

Taksonomie

Sien ook

Verwysings

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Meeue: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Meeue (en sterretjies) is 'n familie van seevoëls in die orde van steltloperagtiges (Charadriiformes). Die familie omvat 11 genera met ongeveer 102 spesies.

Spesies in die familie is oor die algemeen middelgroot tot groot voëls, meestal grys of wit, dikwels met swart merke op die kop en snawel. Hulle het 'n tipiese skel, krysende roep. Hul snawels is stewig en redelik lank; en hul pote is van swemvliese voorsien.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Laridae ( Asturian )

provided by wikipedia AST
Pa ver otros usos d'esti términu, Gavilueta (dixebra).
«Gaviota» redirixe equí. Pa la estación ferroviaria arxentina, ver Estación Gaviluetes.
"
Gavilueta de los Galápagos (Creagrus furcatus).
"
Bandada de gaviluetes.
"
Larus fuscus recién nacida, Canal de Bristol.
"
Cría de gavilueta (Larus sp.) en Trondheim, Noruega.
"
Dos exemplares de Larus occidentalis (adultu y xuvenil) engarrando por una esguil de tierra recién cazada.

Los láridos (Laridae) son una familia d'aves del orde Charadriiformes conocíes coloquialmente como gaviluetes. Tán estrechamente rellacionaes colos charranes de la familia Sternidae, y más lejanamente coles aves zancudes. La mayoría de les gaviluetes pertenez al xéneru Larus.

Son polo xeneral aves grandes, na so mayoría de plumaxe gris, blancu o negru, de cutiu con señales negres na cabeza o les nales. Tienen picos robustos, abondo llargos. Les especies varien en tamañu dende la gavilueta nana de 120 g y 29 cm, al gavión atlánticu de 1.75 kg y 76 cm.

Alimentación

Les gaviluetes aliméntense de too aquello mínimamente comestible: tou tipu d'animales marinos, vexetales, inseutos, carroña, páxaros pequeños, como palombos (a los qu'ataca en vuelu), güevos de páxaros (tantu d'otres especies como de la suya mesma), pollos, aguarones, etc. [ensin referencies]

De cutiu ye posible ver a les gaviluetes en poblaciones del interior, alloñaes a la mariña, a onde lleguen siguiendo'l cursu de los ríos. La so variada alimentación movió a les poblaciones costeres hasta zones onde enxamás s'habíen vistu antes[ensin referencies]. Estos nuevos inquilinos alterien ya inclusive erradican les poblaciones locales de páxaros, qu'escasamente son competencia con una ave d'esta voracidad.[ensin referencies]

Hábitat

Les gaviluetes son especies típicamente costeres marines o costeres de llagos y llagunes interiores, y vuelen grandes distancies. Les especies de mayor tamañu tarden hasta cuatro años en llograr el plumaxe adultu plenu, magar a los dos años la mayoría de les especies de gaviluetes pequeñes tienen plumaxe adultu. Ye típicu veles volar alredor de los barcos pesqueros a la espera d'alimentu.

Comportamientu

Son aves intelixentes, teniendo métodos complexos de comunicación y una estructura social bien desenvuelta. Ciertes especies, como la Larus argentatus, esiben conductes complexes.

La hibridación ente les especies de gavilueta ye abondo frecuente, anque dependen de les especies arreyaes.

Anidación

Añeren en colonies densamente poblaes, depositen dos o trés güevos motudos nun nial compuestu de vexetación. Los pitucos son precoces, nacíos con una pelusa motuda y con movilidá dempués de la salida del cascarón.[1]

Taxonomía

La taxonomía de les gaviluetes ye complicada, especialmente les de cabeza blanca.

Xéneru Larus

Xéneru Hydrocoloeus

Xéneru Leucophaeus[2]

Xéneru Chroicocephalus[2]

Xéneru Creagrus

Xéneru Pagophila

Xéneru Rissa

Xéneru Rhodostethia

Xéneru Xema

L'American Ornithologists' Union combina Sternidae, Stercorariidae, y Rhynchopidae como subfamilies de la familia Laridae.

Referencies

  1. Harrison, Colin J.O. (1991). en Forshaw, Joseph: Encyclopaedia of Animals: Birds. Merehurst Press, 109–111. ISBN 1-85391-186-0.
  2. 2,0 2,1 Zoonomen. «Birds of the World -- current valid scientific avian names.» (inglés). Consultáu'l 24 d'abril de 2009.

Enllaces esternos



license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia authors and editors
original
visit source
partner site
wikipedia AST

Laridae: Brief Summary ( Asturian )

provided by wikipedia AST
Pa ver otros usos d'esti términu, Gavilueta (dixebra). «Gaviota» redirixe equí. Pa la estación ferroviaria arxentina, ver Estación Gaviluetes. " Gavilueta de los Galápagos (Creagrus furcatus). " Larus smithsonianus. " Bandada de gaviluetes. " Larus fuscus. " Larus occidentalis en Monterey California. " Larus fuscus recién nacida, Canal de Bristol. " Cría de gavilueta (Larus sp.) en Trondheim, Noruega. " Dos exemplares de Larus occidentalis (adultu y xuvenil) engarrando por una esguil de tierra recién cazada.

Los láridos (Laridae) son una familia d'aves del orde Charadriiformes conocíes coloquialmente como gaviluetes. Tán estrechamente rellacionaes colos charranes de la familia Sternidae, y más lejanamente coles aves zancudes. La mayoría de les gaviluetes pertenez al xéneru Larus.

Son polo xeneral aves grandes, na so mayoría de plumaxe gris, blancu o negru, de cutiu con señales negres na cabeza o les nales. Tienen picos robustos, abondo llargos. Les especies varien en tamañu dende la gavilueta nana de 120 g y 29 cm, al gavión atlánticu de 1.75 kg y 76 cm.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia authors and editors
original
visit source
partner site
wikipedia AST