dcsimg

Koraalskildneuskobra ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die koraalskildneuskobra (Aspidelaps lubricus) is 'n slang wat in Suider-Afrika voorkom. In Engels staan die slang bekend as die Cape coral snake. Daar is twee subspesies, naamlik die koraalskildneuskobra (A. lubricus lubricus) en die Kuneneskildneuskobra (A. lubricus cowlesi).

Die slang kom weswaarts vanaf Somerset-Oos en Port Elizabeth tot by Kaapstad en noordwaarts tot in die suide van Namibië voor. Dit kom ook in die noorde van die Oos-Kaap en die suidweste van die Vrystaat voor.

Identifikasie

Die slang se rugkant is oranjegeel tot koraalrooi met 20 tot 47 smal swart of donkerbruin dwarsbande wat soms die lyf en stert omkring. Die pens is geelwit met swart dwarsbande.

Die slang verkies klipbanke en klipperige droë, sanderige streke in dorre savanne, Karoostruikveld, fynbos en woestyn. Hulle vreet akkedisse, pootlose akkedisse wat meestal ondergronds leef asook klein slange en knaagdiere.

Gif

Die gif is neurotoksies wat die asemhaling kan aantas. Byte is pynlik en veroorsaak 'n mate van swelsel. Daar is nie 'n teengif vir die slang se byt nie.

Sien ook

Bron

Verwysings

  1. "Aspidelaps lubricus (Laurenti, 1768)". The Reptile Database. Reptile Database. Besoek op 16 Februarie 2012.
  2. "Aspidelaps lubricus". ITIS Standard Report Page (in Engels). ITIS.gov. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Desember 2018. Besoek op 16 Februarie 2012.
license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Koraalskildneuskobra: Brief Summary ( Afrikaans )