dcsimg

Kraanvoël ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Kraanvoël is 'n sierlike en statige voël en groter familielid van die korhaan en riethaan in die Gruidae familie. Hulle word gewoonlik in die Karoo, Hoëveld, Transkei en KwaZulu-Natal aangetref. Alle kraanvoëls het vere wat aan albei kante van hulle sterte oorhang en is lief om te pronk en merkwaardige danspassies uit te voer, waarby soms meer as twee voëls betrek kan word. Hulle het lang pote en verskil van ooievaars deurdat hulle kort snawels het en boonop lawaaierig is. Hulle vlieg egter net soos ooievaars, met die kop en nek gestrek. Die bloukraanvoël word op die Hoëveld aangetref en kan maklik makgemaak word. Die pragtige mahem met swark kop, goue kuif en rooi of goue stert, is 'n kuddevoël van die vleie van Natal en Zoeloeland.

Kraanvoëls (familie Gruidae) is groot, slanke voëls wat soos ooievaars lyk. Hulle is bekend vir hul danse, waarop talle primitiewe volke se stamdanse gebaseer is. Kraanvoëls kom in die Noordelike Halfrond en in Afrika en Australië voor, maar die voortbestaan van 6 van die 14 spesies word ernstig bedreig omdat die voëls in die verlede blindelings gejag is. Die bloukraanvoël (Anthropoides paradisea) is Suid-Afrika se nasionale voël en is ook op die 5c-stuk afgebeeld. Kraanvoëls (familie Gruidae) is baie groot voëls wat in verskeie opsigte met ooievaars en reiers ooreenkom, hoewel hulle nie aan mekaar verwant is nie. Die meeste kraanvoëls is swart, grys en wit en enkele spesies het rooi vlekke aan die kop. Hul pote, nekke en vlerke is lank, terwyl die snawels oor die algemeen kort is. Sommige spesies het lang sterte en ander kortes. Net soos reiers vlieg kraanvoëls ook met kragtige, stadige bewegings, maar hulle strek hul nekke en pote ver uit. 'n Merkwaardige eienskap van kraanvoëls is die verlengde lugpyp soms tot 1 ,5 m lank - wat gedeeltelik opgerol in die borsbeen lê. Dit is hierdie orgaan wat die voëls in staat stel om die geluid, wat soos trompetgeskal klink, te maak.

Leefwyse

Kraanvoëls verkies moerasagtige gebiede en oop grasveld naby water, maar sommige spesies word ook in baie droë streke aangetref. Die spesies uit die noordelike lugstreke trek tydens die herfs na suideliker gebiede, waar hulle oorwinter. Hulle vlieg in ʼn duidelike V-formasie of in 'n reguit lyn en doen op pad na hul bestemming altyd dieselfde plekke aan om te rus en te eet. Hul voedsel bestaan uit plantdele en klein diertjies soos slakke, insekte en wurms. Kraanvoëls is bekend vir hul indrukwekkende danse, wat nie uitsluitlik deel is van die paringspel nie. Die mannetjies, wyfies en jong diere vertoon die gedrag die hele jaar deur, hoewel daar tydens die broeityd meer gedans word as andersins. Tydens die dans trippel die voëls met halfuitgespreide vlerke en swaaiende lywe om mekaar heen, spring en vlieg tot 5 m hoog op en daal dan stadig neer terwyl hulle voortdurend en luid roep. Baie primitiewe volke het hul stamdanse op die kraanvoëls se dansbewegings gebaseer. Kraanvoëls se neste bestaan meestal uit 'n hopie plantmateriaal wat tussen riete of lang gras versteek is. Die 2 eiers wat gelê word, word deur die mannetjie en wyfie uitgebroei en die kuikens verlaat die nes onmiddellik nadat hulle uitgebroei is. Hulle kan dadelik loop en dikwels ook al swem.

Spesies

Die familie van die kraanvoëls (Gruidae) word in 2 subfamilies ingedeel, naamlik Gruinae (egter kraanvoëls) en Balearicinae (kroonkraanvoëls). In Suid-Afrika word 3 spesies aangetref, onder meer die bloukraanvoël (Anthropoides paradisea). Dit is Suid-Afrika se nasionale voël en is ook op die 5c stuk afgebeeld. Uitsonderlik van die voël is dat hy tydens sy ververing (wat een keer elke 2 jaar plaasvind) al sy vlugvere tegelykertyd verloor en dus nie kan vlieg nie.

Die verskynsel word wel by waterdiere aangetref, maar is ongewoon vir landlewende voëls wat op hul vlerke moet staatmaak om op die vlug te slaan. Die algemene kleur van die bloukraanvoël is 'n ligte blougrys. ʼn Skaars en sku spesie is die lelkraanvoël (Grus carunculatus), wat maklik aan die 2 wit lelle herken kan word. In Suider-Afrika word die kroonkraan voëls deur die mahem (Balearica pavonina) verteenwoordig.

Die naam is afgelei van die voel se roepgeluid. Hy het 'n opvallende kuit van lang, geel borselhare wat orent staan. Die bekendste kraanvoël in Europa is die gewone kraanvoël (Grus grus), wat in baie lande by wet beskerm word. In Amerika kom die Kanadese kraanvoël (Grus canadensis) voor, wat 'n kenmerkende bol-stertjie het, terwyl die wit trompetkraanvoël (Grus americana) van Noord-Amerika tot op 'n vyftigtal na uitgesterf het. Baie moeite word gedoen om die voel se voortbestaan te verseker. Nou aan hom verwant, is die wit kraanvoël (Grus leucogeranus), wat nog op 3 plekke in Siberië aangetref word.

Sy getalle, sowel as die van die monnikskraanvoël (Grus monacha) en die witnekkraanvoël (Grus vipio), wat in die Amoergebied broei, neem jaarliks af. Die sierlike Chinese kraanvoël (Grus japonensis) was vroeër blykbaar baie volop en het ʼn belangrike rol gespeel in die Japanse literatuur en beeldende kunste. In die Zen-Boeddhisme is hy die simbool van ewige lewe en jag op hom was verbode.

Slegs die keiser het die reg gehad om die Chinese kraanvoël dood te maak. Nadat die Boeddhisme nie meer die staatsgodsdiens was nie, is daar egter kwaai jag op hom gemaak en in Japan is die spesie heeltemal uitgeroei. Danksy beskermende maatreëls kom daar nou weer enkele tientalle op Hokkaido voor en enkeles broei ook weer in China en Japan. Die swartnekkraanvoël (Grus nigricolfis) broei in Tibet en is ook baie skaars. In Indië kom die groot saruskraanvoël (Grus antigone) voor wat rooi vlekke aan die kop het.

Die Australiese kraanvoël (Grus rubicunda) is veral bekend vanweë die groepsdans wat die voëls in rye van 30 uitvoer. Die inheemse bevolking, die Aborigines, het hul inwydingseremonies op die dans gebaseer.

Bedreiging

Die voortbestaan van 6 van die 14 kraanvoëlspesies word tans bedreig. Dit is deels te wyte aan die jag, maar die ontwatering, die ontginning en die ontsluiting van hul broeigebiede dra ook baie daartoe by. Kraanvoëls is baie gebonde aan 'n spesifieke broeiplek en vestig hulle nie maklik elders nie. In baie lande, onder meer Suid- Afrika, word kraanvoëls beskerm en dit is blykbaar moontlik om hulle in gevangenskap te teel. In die sewentigerjare is 'n projek begin om die trompetkraanvoëls se getalle te vermeerder deur uit elke nes een van die 2 eiers te verwyder en hulle by spesiale teelstasies kunsmatig uit te broei.

Dieet

Kraanvoëls lewe van akkedisse, insekte, wortels of graan.

Genera

Kraanvoëls wat in Suid-Afrika voorkom

Kraanvoëls wat in ander wêrelddele voorkom

 src=
Balearica regulorum

Sien ook

Bronnelys

Eksterne skakels

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Kraanvoël: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Kraanvoël is 'n sierlike en statige voël en groter familielid van die korhaan en riethaan in die Gruidae familie. Hulle word gewoonlik in die Karoo, Hoëveld, Transkei en KwaZulu-Natal aangetref. Alle kraanvoëls het vere wat aan albei kante van hulle sterte oorhang en is lief om te pronk en merkwaardige danspassies uit te voer, waarby soms meer as twee voëls betrek kan word. Hulle het lang pote en verskil van ooievaars deurdat hulle kort snawels het en boonop lawaaierig is. Hulle vlieg egter net soos ooievaars, met die kop en nek gestrek. Die bloukraanvoël word op die Hoëveld aangetref en kan maklik makgemaak word. Die pragtige mahem met swark kop, goue kuif en rooi of goue stert, is 'n kuddevoël van die vleie van Natal en Zoeloeland.

Kraanvoëls (familie Gruidae) is groot, slanke voëls wat soos ooievaars lyk. Hulle is bekend vir hul danse, waarop talle primitiewe volke se stamdanse gebaseer is. Kraanvoëls kom in die Noordelike Halfrond en in Afrika en Australië voor, maar die voortbestaan van 6 van die 14 spesies word ernstig bedreig omdat die voëls in die verlede blindelings gejag is. Die bloukraanvoël (Anthropoides paradisea) is Suid-Afrika se nasionale voël en is ook op die 5c-stuk afgebeeld. Kraanvoëls (familie Gruidae) is baie groot voëls wat in verskeie opsigte met ooievaars en reiers ooreenkom, hoewel hulle nie aan mekaar verwant is nie. Die meeste kraanvoëls is swart, grys en wit en enkele spesies het rooi vlekke aan die kop. Hul pote, nekke en vlerke is lank, terwyl die snawels oor die algemeen kort is. Sommige spesies het lang sterte en ander kortes. Net soos reiers vlieg kraanvoëls ook met kragtige, stadige bewegings, maar hulle strek hul nekke en pote ver uit. 'n Merkwaardige eienskap van kraanvoëls is die verlengde lugpyp soms tot 1 ,5 m lank - wat gedeeltelik opgerol in die borsbeen lê. Dit is hierdie orgaan wat die voëls in staat stel om die geluid, wat soos trompetgeskal klink, te maak.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Gruidae ( Asturian )

provided by wikipedia AST

Los grúidos (Gruidae) son una familia de aves gruiformes conocíes vulgarmente como grullas. Son aves de llugares abiertos. Muévense dando reblagos coles sos llargues pates y recueyen granes y inseutos colos sos llargos picos. Viven en bandaes y munches d'elles percuerren llargues distancies pa criar. Empareyar pa tola vida y tienen una espectacular exhibición de cortexu. Los machos y les femes se pavonean, inclínense y salten abondo alto. Les grullas tienen una gorgoberu bien llarga y emiten agudos soníos como de trompeta, que pueden escuchase a dos kilómetros de distancia.

La grulla común tuvo bien estendida, pero'l so númberu baxó enforma por cuenta de que precisa vivir nun hábitat sele. Otra grulla, que ye abondosa y bien común en zoolóxicos pola so vistosidá y sociabilidá ye la grulla damisela (Anthropoides virgo). Les grullas son aves que tienen pates y pescuezu bien llargos, col picu tamién llargu, y tán dotaes d'escelentes capacidaes voladores, que-yos dexen realizar cada añu llargues migraciones ente les árees de cría y les zones d'ivernada. Les pates tán provistes de tres dedos grandes dirixíos palantre y unu más curtiu, escontra tras. Munches especies tienen plumes especialmente desenvueltes y con funciones decoratives. Una peculiaridá de la so anatomía ye'l llargor que tienen los allongamientos del aparatu respiratoriu que lleven aire hasta l'interior de los güesos, faciendo que resulten bien llixeros. Estos denominaos sacos aéreos, nel casu de les grullas, pueden algamar hasta 1,7 metros de llargor. Les grullas suelen alimentase de granes, bayes, raigaños, frutos y otres materies vexetales, según pequeñes preses, sobremanera, invertebraos.

Iconoloxía

Esti animal yera ente los antiguos unu de los símbolos de la prudencia y de la vixilancia.

Según los naturalistes, al llegar les grullas a dalguna parte, establecen un acesmo'l cual para nun dexase sosprender del suañu, sostiense tan solu sobre un pie y nel otru tien una piedra, por que cayendo espiértelu. dar la vixilancia por atributu. Dicir en Xapón y en China que les grullas equivalen a un amuleto de la suerte.

La grulla entró en munches empreses. Cuando fai centinela, mientres les demás duermen, con esti llamátigu: Nihit me stante timendum, ye la divisa d'un xefe vixilante. Cuando vuelen, según la so costume, so la direición d'una sola, con esti hemistiquiu: omna dirigit una, puede aplicase a un príncipe que la so conducta siguen los pueblos. Una grulla que al prever un vientu impetuosu cargar con una piedra, con estes pallabres: Firmal gravitote volalum significa que'l maduror de xuiciu asegura la empresa. Diéronse por divisa a una república onde cada unu a la so vez puede llograr el primer grau nel gobiernu les grullas que conducen caúna de la mesma, con estes pallabres: Alternis agmina ducunt. Les grullas como tamién les águiles y los utres, pasen por agüeros favorables.[1]

Los mil grullas

Artículu principal: Senbazuru
"
Neños xaponeses dedíquen-y un homenaxe a Sadako realizando grullas de papel que depositen ante'l so monumentu n'Hiróxima.

Nel sieglu XX popularizóse'l origami con forma de grulla como deséu de restablecimiento de la salú de dalguna persona enferma y como homenaxe a los que muerren violentamente. Asocedió a raigañu del casu d'una neña xaponesa, Sadako Sasaki, quien careció de leucemia tres el bombardéu d'Hiróxima y quien hasta la so muerte fixo tarabiques de papel en ficies de una lleenda xaponesa qu'aseguraba la sanación de quien fixera mil grullas. Finalmente Sadaki Sasaki morrió del cáncer, pero na ciudá d'Hiróxima dedicáron-y un monumentu con forma de grulla nel so homenaxe. [2]

Especies

La familia Gruidae inclúi 15 especies arrexuntaes en 4 xéneros:[3]

Ver tamién

Referencies

Enllaces esternos

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia authors and editors
original
visit source
partner site
wikipedia AST

Gruidae: Brief Summary ( Asturian )

provided by wikipedia AST
" Grus grus