dcsimg

Seboe ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Seboe (Bos primigenius indicus) is 'n soort bees wat verwant is aan die Afrikanerbees en die Brahman. Hierdie bees word herken aan sy karakteristieke vethomp op sy skouers, hangore en 'n groot keelvel. Hul is meer aangepas vir tropiese klimaat en kan baie warm temperatuur goed weerstaan. Daar is omtrent 75 verskillende rasse wat eweredig verdeel is tussen Afrika- en Suid-Asiatiese rasse.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF