Uile is voëls in die orde van Strigiformes. Die orde bestaan uit ongeveer 200 spesies van groot roofvoëls. Meeste van hulle is alleenlopend en nag-aktief. Hulle vreet klein soogdiertjies soos knaagdiere, insekte en ander voëls. 'n Paar spesies sal selfs visse vang. As 'n groep is uile baie suksesvol en hulle kom bykans reg oor die wêreld voor, met uitsondering van Antarktika, die grootste gedeelte van Groenland, en 'n paar ander klein eilandjies.
Naguile se oë en ore is goed aangepas en ontwikkel ten einde hulle in staat te stel om in die nag te kan jag. Hulle vere, en veral die slagvere op die vlerke, is donserig sodat hulle geruisloos kan vlieg. Daar word 2 families onderskei, wat altesaam 144 spesies bevat en waarvan 12 in Suid-Afrika voorkom.
Uile is gewoonlik donker- tot geelbruin van kleur met strepe of kolle. Hulle het groot koppe en vlerke in vergelyking met hulle lywe en 4 tone met skerp naels aan die kloue. Hulle het plat gesigte met die kenmerkende gesigskyf, haakvormige snawels en groot oë. Hulle oë is na vore gerig en, net soos die mens, sien hulle stereoskopies (veroorsaak goeie afstandskatting), wat beteken dat hulle 'n kleiner gesigsveld as ander voëls het, maar hulle kan hul koppe teen tot 270° draai.
Uile het baie sensitiewe oë: hulle het 10 keer meer stafies (ligsensitiewe selle in die retina) as mense. Dit beteken dat daar nie genoeg ruimte vir kegeltjies (kleurgevoelige elemente) is nie, wat verklaar waarom naguile kleurblind is. Hulle het egter 'n derde ooglid wat die oë bedags teen die skerp lig beskerm. Omdat uile se koppe so beweeglik is, kan hulle net soos 'n mens die verskil in geluidsterkte tussen die een en die ander oor gebruik ten einde die rigting van 'n geluid te bepaal.
Waarop dit kortliks neerkom, is dat die uil sy kop draai totdat albei ore dieselfde geluidsterkte hoor en dan weet hy dat die geluid direk van voor kom. Wanneer die prooi beweeg, is daar 'n toename in die verskil tussen die geluid wat links en regs waargeneem word. By sommige uile is die ore asimmetries gerangskik, waardeur 1 oor 'n geluid net voor die ander oor waarneem en die bron nog akkurater bepaal kan word.
Uile moet geruisloos vlieg: nie net om te verhinder dat die prooi hom hoor aankom nie, maar ook sodat daar nie geraas naby sy eie ore is en sy gehoor daardeur belemmer word nie. Daarom is die uil se vlerkoppervlak van dons voorsien sodat alle geluide gedemp word. Boonop het uile grater vlerke as ander voëls van dieselfde grootte. Die groter oppervlak beteken dat hulle beter kan vlieg en dit vergoed vir die weerstand wat die dons op die vlerke meebring.
Die meeste uile maak jag op knaagdiere, ander klein soogdiere, voëls en insekte. Die voedselinname word egter grootliks bepaal deur die beskikbaarheid van voedsel in 'n bepaalde omgewing. In die natuur eet bosuile byvoorbeeld klein soogdiere, maar as hulle in ʼn stedelike gebied woon, eet hulle mossies en ander voëls. Die prooi word gewoonlik heel ingesluk en in die maag verteer.
Die onverteerbare dele word in die sogenaamde uilballe uitgebraak. Uile leef in afgebakende gebiede en die geroep van uile in die nag dien hoofsaaklik as waarskuwing aan ander uile dat 'n afgebakende gebied nie binnegedring mag word nie. Bedags rus hulle dikwels op dieselfde plek.
Uile bou nie hul eie neste nie. Hulle broei meestal in ʼn bestaande holte, 'n ou nes van ʼn ander voel of sommer op die kaal grond. Die eiers is wit en rond en word vroeg in die jaar met tussenpose van 'n paar dae gelê. Wanneer al die eiers uitgebroei is, bevat die nes dus kuikens van verskillende grootte. In tye van voedselskaarste oorleef slegs die oudstes en sterkstes. Die aantal eiers per nes en die aantal broeisels per jaar hang van die beskikbaarheid van voedsel af.
Elf van die uilspesies verskil so baie van die ander 133 dat hulle afsonderlik as kerkuile (familie Tytonidae) gegroepeer word. Hulle kan uitwendig van die ander onderskei word deur die hartvormige gesigskyf. Die bekendste verteenwoordiger is Tyto alba, wat in gematigde en tropiese streke van die wêreld voorkom.
In Suid-Afrika staan die uil ook bekend as die nonnetjie-of nooientjie-uil. Hy is goudbruin met grys en wit en maak sy nes in ou mynskagte en grotte. Die ander verteenwoordiger wat in Suid-Afrika voorkom, is die grasuil (Tyto capensis). Jare lank is daar vermoed dat die genus Phodilus slegs uit 1 spesie bestaan, maar ʼn tweede spesie van die genus, naamlik die Kongolese uil (Phodilus prigoginei), is in 1951 ontdek.
Die dwergooruile (genus Otus) is die grootste groep van die egte uile (familie Strigidae). Die dwergooruil of skopsuil (Otus scops) kan waarskynlik tussen Europa en Afrika migreer. 'n Tweede spesie van die genus, Otus leucotis of die witwanguil, kom ook in Suid-Afrika voor. Ander spesies wat hier voorkom, is die dwerguil (Glaucidium perlatum), wat bruin is met spikkels en sowat 180 mm hoog word, en die gebande uil (Glaucidium capense), wat net ʼn bietjie groter is as die dwerguil.
Die gevlekte ooruil (Bubo africanus) is die algemeenste groot uil in die land en word sowat 460 mm hoog. Die reuse-ooruil (Bubo lacteus) word tot 650 mm hoog, en hoewel hy wydverspreid voorkom, kom hy nêrens volop voor nie. Hy eet groter diere soos hase. Die Kaapse ooruil (Bubo capensis) is 'n seldsame voel wat gewoonlik in bergagtige en beboste gebiede voor kom. Die vlei-uil (Asio capensis) is bruingrys en word gewoonlik naby water aangetref. Die bosuil (Ciccaba woodfordii) word tot 330 mm hoog en kom veral in die oostelike en suidelike kusgebiede voor. Die visuil (Scotopelia peli) is baie seldsaam.
Daar is twee families van uile:
Uile is voëls in die orde van Strigiformes. Die orde bestaan uit ongeveer 200 spesies van groot roofvoëls. Meeste van hulle is alleenlopend en nag-aktief. Hulle vreet klein soogdiertjies soos knaagdiere, insekte en ander voëls. 'n Paar spesies sal selfs visse vang. As 'n groep is uile baie suksesvol en hulle kom bykans reg oor die wêreld voor, met uitsondering van Antarktika, die grootste gedeelte van Groenland, en 'n paar ander klein eilandjies.
Naguile se oë en ore is goed aangepas en ontwikkel ten einde hulle in staat te stel om in die nag te kan jag. Hulle vere, en veral die slagvere op die vlerke, is donserig sodat hulle geruisloos kan vlieg. Daar word 2 families onderskei, wat altesaam 144 spesies bevat en waarvan 12 in Suid-Afrika voorkom.
Les rapazos nocherniegues o estrigiformes (Strigiformes) son un orde de aves compuestu pola familias Tytonidae (curuxes), y la familia Strigidae qu'inclúi búhos, curuxes, miagóns, tecolotes, autillos, cárabos, l'ñacurutú y el chuncho, ente otres. Atópase en tol mundu, sacante na Antártida, la mayor parte de Groenlandia y en delles islles remotes. Son grandes cazadores, de xeneralmente vezos nocherniegos y solitarios. Aliméntense principalmente de pequeños mamíferos, inseutos y otres aves, anque delles especies especializar na pesca. Esti vocablu na so etimoloxía vien del llatín strix o striigis, y del griegu στριγξ (strinx) o στριγιγγος (striningos), que significa "curuxa", y pollo el nome d'esti orde significa «los que tienen forma de curuxa o búho».
Los deos tienden nes estrigiformes a dixebrase dos a dos, y el picu, como nos loros, ye bien ganchudu y presenta la base cubierta por una cera. Los calteres distintivos del orde tán principalmente nos güeyos y nos oyíos. Aquellos son bien grandes y en cuenta de tar asitiaos a los llaos de la cabeza, tópense empobinaos escontra alantre, como ente los mamíferos asocede colos primates, y cada unu d'ellos ta arrodiáu por un gran discu de plumes, el discu facial, llindáu por una circunferencia de plumes pequeñes, dures y rizaes. Anque los búhos tienen visión binocular, los sos güeyos tán fixos nel so llugar y tienen que xirar tola so cabeza pa ver escontra otra direición. Son hipermétropes y nun pueden ver nada a unos centímetros de los sos güeyos. Sicasí, la so visión, particularmente en lluz baxo, ye escelente.
Tocantes a los oyíos, son bien grandes y presenten nel esterior notables repliegues de piel, como si tendieren a formar una oreya, cola particularidá de qu'ésta ufierta a cada llau, na mayor parte de los casos, formes distintes. Esti calter nun se nota a güeyu por tar ocultos los oyíos so plumes; pero ye interesáu que munches especies tienen sobre la cabeza una a manera de falses orejillas o cuernucos, formaos por grupos de plumes tieses. El plumaxe d'estes aves ye bien trupu y bien blandu, paeciéndose al de los chotacabras, y la mayor parte de les especies aseméyense tamién a éstos n'el color, que ye un amiestu de distintos matices mariellos, acolorataos, pardos y negros.
Casi toles estrigiformes son nocherniegues y aliméntense de preses vives, tales como pequeños mamíferos, paxarucos, xaronques, etc., que taramien enteros; depués regurgitan unes egagrópiles o duviellos formaos por cachos de güesos, pelos y demás partes que pola so naturaleza nun pueden dixerir. Munchos búhos pueden cazar en total escuridá emponiéndose pol soníu. El so discu facial ayuda a dirixir el soníu de les sos preses escontra los oyíos. Munches especies tienen plumes nidies que-yos dexen volar ensin faer ruiu, y de esta forma oyer los gritíos o los gruñíos que se producen nel suelu. Un exemplu de diurna ye Athene cunicularia qu'habita en casi toa América.
Los güevos que ponen les femes son casi esféricos, y por completu blancos. Los sos niales son rudimentarios y pueden tar asitiaos n'árboles, llurigues, establos y cueves.
Les rapazos nocherniegues o estrigiformes (Strigiformes) son un orde de aves compuestu pola familias Tytonidae (curuxes), y la familia Strigidae qu'inclúi búhos, curuxes, miagóns, tecolotes, autillos, cárabos, l'ñacurutú y el chuncho, ente otres. Atópase en tol mundu, sacante na Antártida, la mayor parte de Groenlandia y en delles islles remotes. Son grandes cazadores, de xeneralmente vezos nocherniegos y solitarios. Aliméntense principalmente de pequeños mamíferos, inseutos y otres aves, anque delles especies especializar na pesca. Esti vocablu na so etimoloxía vien del llatín strix o striigis, y del griegu στριγξ (strinx) o στριγιγγος (striningos), que significa "curuxa", y pollo el nome d'esti orde significa «los que tienen forma de curuxa o búho».