dcsimg
» Plants » » Angiosperms »

Loxostylis alata Spreng. ex Rchb.

Teerhout ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Teerhout (Loxostylis alata) is 'n klein immergroen boompie wat dikwels aan die rand van die Karoo gevind word op rotsagtige plekke. Hulle groei ook op die some van woude en langs rivieroewers in die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal. In Engels staan die boom bekend as die Tarwood.

Blare

Die blaar is saamgestel met 'n enkele blaartjie aan die punt. Die rande van die blaartjies is nie getand of gekeep nie.

Blomme en vrugte

Die vroulike en manlike blomme word aan verskillende bome gedra. Beide geslag blomme is klein en romerig wit. Sodra die vrug op die vroulike boom begin vorm, ontwikkel die kelkblare vinnig en word helderpienk tot steenrooi. Wanneer die vrug geskraap word, word 'n taai, swart stof vrygestel wat aanleiding gegee het tot die naam van die boom.

Sien ook

Bron

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Teerhout: Brief Summary ( Afrikaans )