dcsimg

Wildedruif ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die wildedruif (Lannea edulis (Sond.) Engl.) is 'n geoksiel wat inheems is aan Suid-Afrika, Botswana, eSwatini en Mosambiek. Dit kom in KwaZulu-Natal, Mpumalanga, Gauteng en Limpopo voor. Op die SANBI-rooilys is as veilig (LC) gelys.[1]

Die bogrondse plant lyk soos 'n dwergstruikie en dikwels is dit sonder blare wanneer dit vrugte dra. Dit vrugte is eetbaar en lyk soos Catawba-druiwe ("glippertjies"). Hulle is gunstingkos van blouapies en nagapies.[2] Die stuik is bladwisselend en word 30 cm hoog. Dit word in oop klipperige grasland en bosveld aangetref. Die blare groei met twee tot 4 paar op 'n stingel wat eindig in een blaar. Die blommetjies is klein en geel of room tot pienk in kleur. Hulle verskyn September-Oktober dig by die grond. Die vrugte is rooi en word pers.[3]

Fotogalery

Verwysings

  1. "SANBI-rooilys" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Junie 2020.
  2. "biodiversity of my farm" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Februarie 2017.
  3. Trees and Shrubs of Mpumalanga and Kruger National Park, Ernst Schmidt, Mervyn Lotter, Warren McCleland, Jacana Media, 2002, ISBN 1-919777-30-X, ISBN 978-1-919777-30-6 ,bls.300
license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Wildedruif: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die wildedruif (Lannea edulis (Sond.) Engl.) is 'n geoksiel wat inheems is aan Suid-Afrika, Botswana, eSwatini en Mosambiek. Dit kom in KwaZulu-Natal, Mpumalanga, Gauteng en Limpopo voor. Op die SANBI-rooilys is as veilig (LC) gelys.

Die bogrondse plant lyk soos 'n dwergstruikie en dikwels is dit sonder blare wanneer dit vrugte dra. Dit vrugte is eetbaar en lyk soos Catawba-druiwe ("glippertjies"). Hulle is gunstingkos van blouapies en nagapies. Die stuik is bladwisselend en word 30 cm hoog. Dit word in oop klipperige grasland en bosveld aangetref. Die blare groei met twee tot 4 paar op 'n stingel wat eindig in een blaar. Die blommetjies is klein en geel of room tot pienk in kleur. Hulle verskyn September-Oktober dig by die grond. Die vrugte is rooi en word pers.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF