dcsimg

Commiphora ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

 src=
Commiphora simplicifolia

Commiphora is 'n genus van bome wat hoort tot die familie Burseraceae, ook bekend as die Mirrefamilie, terwyl die genus self as die Kanniedood bekend staan.

Kenmerke

Kenmerkend van die genus is die volgende:

  • Die bome is klein tot middelslag.
  • Hulle verkies droë bosveld en halfwoestyn areas
  • Hulle het skerp aromatiese blare; hulle ruik na terpentyn indien gekneus word
  • Hulle het sigbare, troebel melksap wat moeilik sigbaar is tydens droogtes
  • Die bas is gewoonlik glad wat in groot papieragtige stukke afskilfer
  • Die blare is veervormig saamgestel of getrifolioleer en min enkelvoudig
  • Die sade is normaalweg gelerig tot helderrooi en vlesig arillus bedek
  • Die vrugte is dun en vlesig en verdeel in twee wanneer dit ryps is.

Die Kanniedoodbome is nie altyd maklik uitkenbaar nie en daar is in die laaste jare nuwe spesies in die noorde van Namibië ontdek. Die boom kan met 'n steggie voortgeplant word en word soms as 'n heining aangeplant. Hierdie taaiheid het gelei tot die naam kanniedood.

Spesies

Van die Suid-Afrikaanse spesies is:

Trivia

Mense gebruik die gom van die bome om klein tuisnywerhede in Kaokoland te bedryf.

Sien ook

Bronne

Verwysings

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Commiphora: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF
 src= Commiphora simplicifolia

Commiphora is 'n genus van bome wat hoort tot die familie Burseraceae, ook bekend as die Mirrefamilie, terwyl die genus self as die Kanniedood bekend staan.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF