dcsimg

Nuwejaarsblom ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die nuwejaarsblom[1] (Gladiolus cardinalis) is 'n plant wat endemies aan Suid-Afrika is. Dit kom in die Wes-Kaap voor. Op die SANBI-rooilys is dit as 'veilig' (LC) gelys.[2]

Van die plekke waar dit in die wildernis aangetref word is naby Wemmershoek, Mont Rochelle natuurreservaat naby Franschhoek en Bainskloof naby Wellington.[3] Dikwels groei dit naby 'n waterval, wat die ander naam 'watervalblom' verklaar.

Dit is 'n geofiet wat vanweë sy skouspelagtige blomme saam met G. tristis reeds in die vroeë 19de eeu gekweek is. Dit het begin in Brittanje en gebeur nou ook in Frankryk, Duitsland, die Verenigde State en Nederland. Dit het talle kultivars en kruisteeltprodukte opgelewer.[4]

Die blombol is eiervormig en word nie dikker as 'n neut nie. Daaruit groei 'n regop, stywe stingel wat 50 cm hoog kan word met daarop 'n stekel van vyf of ses rooi blomme. Die blare groei reguit. Hulle is stewig, glad, lansvormig en groen van kleur.[5]

Fotogalery

Verwysings

  1. ook: nuwejaarsafrikaner, watervalblom
  2. "SANBI-rooilys" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 September 2015.
  3. iSpot.
  4. The Iris Family: Natural History & Classification, Peter Goldblatt, John C. Manning, Timber Press, 2008, ISBN 0-88192-897-6,ISBN 9780881928976, bls. 142
  5. The Magazine of Botany & Gardening, British and Foreign …, Deel 1 James Rennie, James Burnett, G. Henderson, 1833 bls. 98
license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Nuwejaarsblom: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die nuwejaarsblom (Gladiolus cardinalis) is 'n plant wat endemies aan Suid-Afrika is. Dit kom in die Wes-Kaap voor. Op die SANBI-rooilys is dit as 'veilig' (LC) gelys.

Van die plekke waar dit in die wildernis aangetref word is naby Wemmershoek, Mont Rochelle natuurreservaat naby Franschhoek en Bainskloof naby Wellington. Dikwels groei dit naby 'n waterval, wat die ander naam 'watervalblom' verklaar.

Dit is 'n geofiet wat vanweë sy skouspelagtige blomme saam met G. tristis reeds in die vroeë 19de eeu gekweek is. Dit het begin in Brittanje en gebeur nou ook in Frankryk, Duitsland, die Verenigde State en Nederland. Dit het talle kultivars en kruisteeltprodukte opgelewer.

Die blombol is eiervormig en word nie dikker as 'n neut nie. Daaruit groei 'n regop, stywe stingel wat 50 cm hoog kan word met daarop 'n stekel van vyf of ses rooi blomme. Die blare groei reguit. Hulle is stewig, glad, lansvormig en groen van kleur.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF