dcsimg
Image of tangerine
» Plants » » Angiosperms »

Tangerine

Citrus reticulata Blanco

Mandaryn ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die mandaryn of Citrus reticulata is ’n variëteit van die lemoenfamilie. Dit is ’n klein sitrusboom met vrugte wat soos ’n lemoen lyk. Hulle word gewoonlik net so of in vrugteslaai geëet. Hulle is rooi-oranje van kleur.

Eienskappe

 src=
Mandarynskyfies wat ingelê is.

Die boom kan droogte beter weerstaan as die vrug. Die mandaryn is kwesbaar en word maklik deur koue getref. Dit groei in tropiese en subtropiese klimate.

Volgens molekulêre studies[1] is die mandaryn, sitroen, pomelo en papeda vanweë inkweking die voorouers van alle ander sitrusspesies en hul variëteite.

Sitrusvrugte is gewoonlik selfbevrugtend (hulle het net ’n by nodig om stuifmeel van een deel van die blom na die ander oor te dra) of saadloos (hulle het nie bestuiwing nodig nie).

Verwysings

  1. "International Citrus Genomics Consortium". Universiteit van Kalifornië.

Eksterne skakels

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Mandaryn: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die mandaryn of Citrus reticulata is ’n variëteit van die lemoenfamilie. Dit is ’n klein sitrusboom met vrugte wat soos ’n lemoen lyk. Hulle word gewoonlik net so of in vrugteslaai geëet. Hulle is rooi-oranje van kleur.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Nartjie ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

 src=
Nartjie

Die nartjie (Citrus tangerina)[1] is 'n oranjekleurige sitrusvrug wat nou verwant is aan die mandaryn (Citrus reticulata). Taksonomies, kan dit as 'n subspesie of variant van Citrus reticulata beskou word.[2][3][4] Nartjies is kleiner as gewone lemoene, en is gewoonlik makliker om te skil en in segmente te verdeel. Die smaak op die tong word as minder suur ondervind, sowel as soeter en skerper as dié van 'n lemoen.[5]

'n Ryp nartjie is oranje van kleur, ferm tot effe sag, swaar vir sy grootte, met 'n geplaveide skil en geen diep groewe. Nartjies word gewoonlik afgeskil en met die hand geëet. Die vars vrugte word ook gebruik in slaaie, nageregte en hoofgeregte. Die skil word soms gedroog en gebruik in Sichuan-kookkuns. Vars nartjiesap asook bevrore sapkonsentraat is algemeen beskikbaar in die handel. Die aantal sade in elke segment (vrugblaar) wissel baie. Die nartjieseisoen duur vanaf herfs tot lente.

Nartjie
Voedingswaarde per 100 g
Energie 50 kcal 220 kJ Koolhidrate 13.34 g - Suikers 10.58 g- Dieetvesel 1.8 g Vette0.31 g Proteien 0.81 g Vitamien A gelyk. 34 μg 4%- β-karoteen 155 μg 1%Tiamien (Vit. B1) 0.058 mg 4% Riboflavien (Vit. B2) 0.036 mg 2% Niasien (Vit. B3) 0.376 mg 3%Pantoteensuur (B5) 0.216 mg 4%Vitamien B6 0.078 mg6%Folate (Vit. B9) 16 μg 4%Vitamien C 26.7 mg45%Vitamien E 0.2 mg1%Kalsium 37 mg4%Yster 0.15 mg1%Magnesium 12 mg3% Fosfor 20 mg3%Kalium 166 mg 4%Natrium 2 mg0%Sink 0.07 mg1% Link to USDA Database entry
Persentasies is relatief tot VSA
aanbevelings vir volwassenes.
Bron: USDA Voedingstof-databasis

[6] * Sluit in: tangariene, mandaryne, klementyne en satsumas.

Verwysings

  1. "Synonymy of C. tangerina at The Plant List" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Maart 2020.
  2. "Synonyms of C. reticulata at The Plant List" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Januarie 2020.
  3. A.H. Krezdorn, Jules Janick. "Classification of Citrus" (PDF).
  4. Tshering Penjor, Masashi Yamamoto, Miki Uehara, Manami Ide, Natsumi Matsumoto, Ryoji Matsumoto, Yukio Nagano (25 April 2013). "Phylogenetic Relationships of Citrus and Its Relatives Based on matK Gene Sequences" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Desember 2014.AS1-onderhoud: meer as een naam: authors list (link)
  5. Pittman & Davis (22 Februarie 1999). "Pittman & Davis - Premium Citrus Fruit Gifts - Why Are Tangerines So Tangy?" (in Engels). Pittmandavis.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Maart 2016. Besoek op 17 November 2012.
  6. Bron: FAOstat URL besoek op 5 Januarie 2014

Eksterne skakels

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Nartjie: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

* Sluit in: tangariene, mandaryne, klementyne en satsumas.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF