dcsimg
Image of Stipagrostis namaquensis (Nees) De Winter
» Plants » » Angiosperms »

Stipagrostis namaquensis (Nees) De Winter

Steekkweek ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Steekkweek[3] (Stipagrostis namaquensis ) is 'n grasspesie wat inheems aan Suid-Afrika en Namibië is. Dit kom veral in die Nama-Karoo voor. Op die SANBI-rooilys is dit as 'veilig' gelys.[4]

Dit is 'n meerjarige losse polgras met verlengde wortelstokke. Die skedes is behaard en die halms is geknie of liggend en 10 -20 cm lank. Die blaarskedes is kaal of behaard en die blare regop 6 -10 cm lank en 1 – 2 mm breed. Die bloeiwyse is 'n pluim wat oop is of lansvormig saamgetrek. Dit kan 10-15 cm lank word. Die stekeltjies is 10 – 15 mm lank.[1]

Beweiding

Dit het goeie beweidingswaarde

Verwysings

  1. 1,0 1,1 "Kyffhäuser" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 April 2019.
  2. "Plant List" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 April 2019.
  3. ook:Kalaharikweek, steekrietboesmangras, steekwiet, bamboeskweek
  4. "SANBI-rooilys" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Mei 2020.
  5. P C V du Toit Objektiewe weidingsindekswaardes van Nama-Karoo plantegroei: grasse en bossies van die Karoo.
license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Steekkweek: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Steekkweek (Stipagrostis namaquensis ) is 'n grasspesie wat inheems aan Suid-Afrika en Namibië is. Dit kom veral in die Nama-Karoo voor. Op die SANBI-rooilys is dit as 'veilig' gelys.

Dit is 'n meerjarige losse polgras met verlengde wortelstokke. Die skedes is behaard en die halms is geknie of liggend en 10 -20 cm lank. Die blaarskedes is kaal of behaard en die blare regop 6 -10 cm lank en 1 – 2 mm breed. Die bloeiwyse is 'n pluim wat oop is of lansvormig saamgetrek. Dit kan 10-15 cm lank word. Die stekeltjies is 10 – 15 mm lank.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF