dcsimg

Boesmansuring ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Boesmansuring (Anacampseros rufescens (Haw.) Sweet) is 'n vetplantjie wat endemies is aan Suid-Afrika en voorkom in Oos-Kaap, Vrystaat en KwaZulu-Natal. Op die SANBI-rooilys is dit as veilig gelys.[1]

Die plant groei op kaal vlaktes of klipperige hellings in die ooste van die Nama-Karoo of die Oos-Kaapse berge. Gewoonlik is daar min reën en ekstreme temperature. Die jong blare is tydens die winterreëns groen van kleur, maar in die droë tyd kan dit rooierig of perserig word. Die saadjies ontkiem gemaklik en die plant groei nou ook buite Suid-Afrika as tuin- of kamerplante.[2]

Galery

Verwysings

  1. "SANBI-rooilys". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2020.
  2. "operation wildflower" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 November 2017.
license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Boesmansuring: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Boesmansuring (Anacampseros rufescens (Haw.) Sweet) is 'n vetplantjie wat endemies is aan Suid-Afrika en voorkom in Oos-Kaap, Vrystaat en KwaZulu-Natal. Op die SANBI-rooilys is dit as veilig gelys.

Die plant groei op kaal vlaktes of klipperige hellings in die ooste van die Nama-Karoo of die Oos-Kaapse berge. Gewoonlik is daar min reën en ekstreme temperature. Die jong blare is tydens die winterreëns groen van kleur, maar in die droë tyd kan dit rooierig of perserig word. Die saadjies ontkiem gemaklik en die plant groei nou ook buite Suid-Afrika as tuin- of kamerplante.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF