Haaskos[1] (Anacampseros lanceolata (Haw.) Sweet) is 'n vetplantjie wat endemies is aan Suid-Afrika Dit kom van die Richtersveld tot Worcester en van Bredasdorp tot Uniondale voor.[2]
Die plantjie het 'n vertakte stam wat 8 cm lank kan word en tot 5 cm breed. Dit groei in rosetvorm en vorm klompe of grondbedekkende matte. Die plant het dik lansvormige blare wat 2,5 cm lank word met wit veselagtige hare daartussen. Die blom is pienk-perserig.[3]
Sy sukkulensie-indeks is uiters hoog: 53,27
Haaskos (Anacampseros lanceolata (Haw.) Sweet) is 'n vetplantjie wat endemies is aan Suid-Afrika Dit kom van die Richtersveld tot Worcester en van Bredasdorp tot Uniondale voor.
Die plantjie het 'n vertakte stam wat 8 cm lank kan word en tot 5 cm breed. Dit groei in rosetvorm en vorm klompe of grondbedekkende matte. Die plant het dik lansvormige blare wat 2,5 cm lank word met wit veselagtige hare daartussen. Die blom is pienk-perserig.
Sy sukkulensie-indeks is uiters hoog: 53,27