dcsimg
Image of Boscia albitrunca (Burch.) Gilg & Gilg-Ben.
» Plants » » Angiosperms »

Boscia albitrunca (Burch.) Gilg & Gilg-Ben.

Matoppie ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

 src=
'n Matoppie in Botswana met sy opmerklike wit bas.

Die Matoppie of Witgat (Boscia albitrunca) is 'n kleinerige boom, gewoonlik 6 m hoog, maar uitsonderlik tot 10 m hoog. In Engels staan die boom bekend as die Shepherd's tree.

Dit is 'n immergroen boom inheems aan Suider-en tropiese Afrika, wat voorkom in die warm, droë, en dikwels brak laagliggende gebiede, soms op kalkkoppies asook rotsagtige terrein. Dit is 'n algemene boom in die Bosveld en Laeveld, behalwe in die Oos- en Wes-Kaap.

Hierdie boom het 'n prominente, stewige wit stam, dikwels met repies van ruwe, donker bas. Die kroonblare word dikwels deur bokke gevreet, asook deur ander grasvreters wat die blare kan bereik, wat lei tot 'n opvallende plat onderkant. Die blare is smal, omgekeerd lansetvormig, baie kompak met onduidelike are, behalwe vir die duidelike hoofaar. Die blomme is klein, groen-geel, ster-vormig en gegroepeer. Die vrugte, op 'n gelede steel, is sowat 10 mm in deursnee en het 'n bros vel met wit vlees en 'n groot endokarp.

Lees ook

Bron

Verwysings

Eksterne skakels

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Matoppie: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF
 src= 'n Matoppie in Botswana met sy opmerklike wit bas.