dcsimg
Image of Spinnaker anemone
» Animals » Cnidarians » Anemones And Corals » » Sea Anemones »

Spinnaker Anemone

Korsaranthus natalensis (Carlgren 1938)

Wit-en-pienk-anemoon ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die wit-en-pienk-anemoon (Korsaranthus natalensis) is seeanemoon wat vanaf Valsbaai tot by Durban, 'n gebied waarin dit endemies is, voorkom. Dit kom algemeen voor aan die suidkus van KwaZulu-Natal. In Engels staan die anemoon bekend as Candy-striped anemone.

Voorkoms

Die seedier bereik 'n diameter van tot 100 mm in grootte en leef op rotsriwwe wat 10 tot 30 m diep is. Die anemoon is helder en staan uit op die rif. Die kolom van die voet tot by die tentakels is wit en gestreep met rooi, pienk of oranje. Daar mag ook kolletjies voorkom op die kolom. Die tentakels is wit met 'n kleur wat dieselfde is as die van die kolom. Die punte van die tentakels is pienkerig.

Hierdie anemoon kan hom losmaak van sy staanplek en dryf na 'n ander rif. Dit verteer sy voedsel uitwendig, die maag word deur die bek uitgedruk om sy prooi buite te verteer. Hulle vreet graag sagtekorale.

Bron

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Wit-en-pienk-anemoon: Brief Summary ( Afrikaans )