dcsimg
Image of durum wheat
Unresolved name

Durum Wheat

Triticum turgidum ssp. durum (Desf.) Husn.

Durum ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Durum, of Triticum durum (soms ook Triticum turgidum subsp. durum),[1] is die enigste tetraploïede graanspesie van kommersiële belang wat vandag wyd verbou word.[2] Dit is die graansoort wat die meeste in die Midde-Ooste voorkom.

Durum beteken "hard" in Latyn, en dié spesie is die hardste graansoort. Dit verwys na die weerstand van die koring om gemaal te word. Dit maak durum gunstig vir die maak van semolina en pasta, en minder prakties vir meel.

Gebruike

Kommersieel vervaardigde droë pasta, of pasta secca, word feitlik uitsluitlik van durumsemolina gemaak.[3] Durummeel en -semolina is ideaal vir die maak van pasta omdat die deeg wat daarvan gemaak word, maklik is om te vorm (in byvoorbeeld plat velle), in teenstelling met elastiese brooddeeg. Vir die maak van die meeste tuisgemaakte vars pastas (pasta fresca), soos orecchiette en tagliatelle, word ook durum, of ’n kombinasie van koring (sagte) en harde graan, gebruik.

Gedop maar ongemaal, of net liggies gemaal, word dit gebruik vir die semolina in die couscous van Noord-Afrika en die Levant. Hier vorm dit die basis van baie soppe, vullings, poedings en pasteikorse.[4] Wanneer dit so fyn soos meel gemaal word, word dit gebruik vir die maak van brood.

Verwysings

  1. Taxon, ARS‐Grin, http://www.ars-grin.gov/cgi-bin/npgs/html/taxon.pl?406896 .
  2. "Wheat". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2014-03-30.
  3. (2015) “From raw material to dish: pasta quality step by step”. Journal of the Science of Food and Agriculture 95 (13): 2579–2587. doi:10.1002/jsfa.7176.
  4. Watson, Andrew (October 2008) [1983], Agricultural innovation in the early Islamic world: The Diffusion of Crops and Farming Techniques, 700–1100, Studies in Islamic Civilization, Cambridge, UK: Cambridge University Press, ISBN 978-0-521-06883-3

Eksterne skakels

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Durum: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Durum, of Triticum durum (soms ook Triticum turgidum subsp. durum), is die enigste tetraploïede graanspesie van kommersiële belang wat vandag wyd verbou word. Dit is die graansoort wat die meeste in die Midde-Ooste voorkom.

Durum beteken "hard" in Latyn, en dié spesie is die hardste graansoort. Dit verwys na die weerstand van die koring om gemaal te word. Dit maak durum gunstig vir die maak van semolina en pasta, en minder prakties vir meel.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF