dcsimg
Image of 猫头海鲶
» Animals » » Vertebrates » » Ray Finned Fishes » » Catfishes »

猫头海鲶

Galeichthys feliceps Valenciennes 1840

Wit seebaber ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Wit seebaber (Galeichthys feliceps) is 'n vis wat endemies aan Suid-Afrika is en kom voor van Swakopmund tot by Oos-Londen. In Engels staan die vis bekend as die White sea-catfish.

Voorkoms

Die vis het nie skubbe nie en die stert vin is diep gevurk. Die vis se kleur wissel van grys of groenerig bruin tot bruin aan die bokant en is ligter aan die onderkant met die pens amper wit. Hulle word 55 cm lank.

Habitat

Die vis verkies beskermde water en strandmere om in te leef. Hulle skiet kuit gedurende September tot Desember. Die mannetjie dra die eiers en pasgeborenes in sy mond rond vir 3 - 4 maande. Gedurende die tyd eet die vis nie en verloor tot 24% van sy liggaam massa. Hulle eet skaaldiere, slakke en vissies.

Die dorsale en pektorale-vinne se strale is giftig en kan pynlike wonde veroorsaak. Aanbevole behandeling teen die gif is om die geaffekteerde area in warm water (50 °C) te plaas vir ongeveer 30 minute. Die vis kan geëet word.

Sien ook

Bron

Verwysings

  1. uBio (en)
  2. Cuvier G. & Valenciennes A., 1840. Histoire naturelle des poissons. Tome quinzième. Suite du livre dix-septième. Siluroïdes. Hist. Nat. Poiss. v. 15. i-xxxi + 1-540.
  3. BioLib (en)
  4. Cuvier, G. & A. Valenciennes, 1840. Histoire naturelle des poissons. Tome quinzième. Suite du livre dix-septième. Siluroïdes. Hist. Nat. Poiss. v. 15: i-xxxi + 1-540, Pls. 421-455.
  5. Catalogue of Life (en)

Eksterne skakel

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Wit seebaber: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Wit seebaber (Galeichthys feliceps) is 'n vis wat endemies aan Suid-Afrika is en kom voor van Swakopmund tot by Oos-Londen. In Engels staan die vis bekend as die White sea-catfish.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF