dcsimg

Geelvin-keiser ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Geelvin-keiser (Lethrinus crocineus) is 'n vis wat voorkom in die westelike Indiese Oseaan, Sri Lanka, Seychelle-eilande, Comore-eilande, Madagaskar, Mauritius, Rodrigues en aan die ooskus van Afrika vanaf Kenia tot by St. Lucia. In Engels staan die vis bekend as die Yellowfin emperor.

Voorkoms

Die vis se lyf is gelerig en die meeste skubbe het 'n swart kol op terwyl die kop bruin is. Al die vinne is ook gelerig. Die dorsale vin kan 'n rooierige rant hê en die mond is rooi binne. Party visse kan dowwe swart strepe op hê. Die vis word tot 60 cm groot en 9 kg swaar.

Habitat

Die vis leef in riwwe en aangrensende sanderige areas in water wat tot 150 m diep is.

Sien ook

Bron

Verwysings

  1. [UICN] (en)
  2. Cuvier G., 1829. Le Règne Animal, distribué d'après son organisation, pour servir de base à l'histoire naturelle des animaux et d'introduction à l'anatomie comparée. Edition 2. Règne Animal (ed. 2) v. 2. i-xv + 1-406.
  3. Smith, J. L. B., 1959. Fishes of the family Lethrinidae from the western Indian Ocean. Ichthyological Bulletin of the J. L. B. Smith Institute of Ichthyology Núm. 17: 285-295, Pls. 20-25.

Eksterne skakel

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Geelvin-keiser: Brief Summary ( Afrikaans )