dcsimg

Donkerspikkelrug ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Donkerspikkelrug (Pseudochromis melas) is 'n vis wat voorkom aan die ooskus van Afrika suidwaarts tot by die noorde van KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die Dark dottyback.

Identfikasie

Die vis word slegs 9 cm lank en kom in twee kleur variasies voor. Die eerste variasie is waar die vis se lyf donkerblou is terwyl by die tweede variasie is die kop en rug donkerblou terwyl die sye liggeel is met 'n geel stertvin. Die vis het 'n lang lyf met 'n blou kol met 'n geel rant op die boonste kant van die kieue deksel.

Die vis leef in aflandige koraalriwwe, veral waar daar 'n mengsel van sand en rots is, in water wat 25 tot 40m diep is. Hulle is gewoonlik alleenlopers en dwaal nooit ver van hulle skuiling weg nie. Hulle vreet soöplankton en klein ongewerweldes. Die spesie is raar.

Sien ook

Bron

  • The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3

Eksterne skakel

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Donkerspikkelrug: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Donkerspikkelrug (Pseudochromis melas) is 'n vis wat voorkom aan die ooskus van Afrika suidwaarts tot by die noorde van KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die Dark dottyback.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF