dcsimg

Spikkel-seepvis ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Spikkel-seepvis (Pogonoperca punctata) is 'n vis wat voorkom in die Indiese-Stille Oseaan area, Oos-Afrika suidwaarts tot by die suide van Mosambiek. In Engels staan die vis bekend as die Spotted soapfish.

Identifikasie

Die vis word tot 35 cm groot. Die lyf is bruin en dig bedek met klein wit kolletjies. Daar is vyf kenmerkende swart vlekke op die kop, rugkant en stertvin se basis. Daar is ook 'n kenmerkende los velletjie op die ken. Die visse is gewoonlik alleenlopers maar kom ook in pare voor.

Hulle leef in koraal gebiede se hellings in water wat 20 tot 120m diep is en vreet skaaldiere en klein vissies. Die spesie is raar.

Sien ook

Bron

  • The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3

Eksterne skakel

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Spikkel-seepvis: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Spikkel-seepvis (Pogonoperca punctata) is 'n vis wat voorkom in die Indiese-Stille Oseaan area, Oos-Afrika suidwaarts tot by die suide van Mosambiek. In Engels staan die vis bekend as die Spotted soapfish.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF