dcsimg

Seilvin-rubberlip ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Seilvin-rubberlip (Diagramma centurio) is 'n vis wat voorkom in die westelike Indiese Oseaan vanaf Kenia tot by Durban, en benewens om Madagaskar, die Comore-eilande en Seychelle.

Voorkoms

Die vis is silwergrys met verskeie bruin of swart spikkels aan die bokant van die lyf. Die dorsale vin is baie lank. Die vis word 1 m lank. Die onvolwasse vissies is grys of geel met 'n breë band oor die middellangs oor die lyf, van die kop tot aan die stertvin. Soos die vissie groei word die donker bane meer en as die vis langer as 20 cm raak breek die bane op as kolletjies.

Habitat

Die vis kom voor by koraalriwwe in water van 3 – 50 m diep. Die onvolwasse visse hou in seegrasbeddings. Dit is 'n goeie tafelvis.

Sien ook

Bron

Verwysings

  1. [ UICN ] (en)
  2. Oken L., 1817. V. Kl. Fische. Isis (Oken) v. 8 (núm. 148). 1779-1782.
  3. uBio (en)
  4. Cuvier, G. & Valenciennes, A., 1830. Histoire naturelle des poissons. Tome cinquième. Livre cinquième. Des Sciénoïdes. Histoire naturelle des poissons. v. 5: i-xxviii + 1-499 + 4 pp., Pls. 100-140.

Eksterne skakel

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Seilvin-rubberlip: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Seilvin-rubberlip (Diagramma centurio) is 'n vis wat voorkom in die westelike Indiese Oseaan vanaf Kenia tot by Durban, en benewens om Madagaskar, die Comore-eilande en Seychelle.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF