dcsimg

Saagtand-barrakuda ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Saagtand-barrakuda (Sphyraena putnamae) is 'n vis wat wydverspreid in die Indiese- en Stille Oseaan gebied, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika tot by die noorde van KwaZulu-Natal voorkom. In Engels staan die vis bekend as die Sawtooth barracuda.

Identifikasie

Die vis word tot 90 cm lank. Die vis het lank, slanke lyf wat amper silindries is. Die snoet is lank en gepunt. Dit is blou-silwer van kleur op die rugkant en die sye en wit aan die onderkant. Daar is 15 donker chevron-tipe strepe oor die lyf; dit strek weerskante van die sylyn. Die stertvin is donker met 'n swart rant.

Hulle leef in kus koraal- en rotsriwwe in water wat 1 tot 35m diep is. Gedurende die winter vorm hulle digte skole gedurende die dag. Hulle vreet gewoonlik gedurende die nag; hoofsaaklik rif visse en tjokka.

Sien ook

Bron

  • The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3

Eksterne skakel

Verwysings

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Saagtand-barrakuda: Brief Summary ( Afrikaans )