dcsimg
Image of Humpback Unicornfish
» Animals » » Vertebrates » » Ray Finned Fishes »

Humpback Unicornfish

Naso brachycentron (Valenciennes 1835)

Boggel-eenhoringvis ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Boggel-eenhoringvis (Naso brachycentron) is 'n vis wat voorkom in die Indiese-Pasifiese area en aan die ooskus van Afrika vanaf Kenia tot by Sodwanabaai. In Engels staan die vis bekend as die Humpback unicornfish.

Identifikasie

Die vis word tot 60 cm lank. 'n Kenmerk van die vis is die boggel op die rug. Slegs die mannetjies ontwikkel 'n horing op die voorkop. Die boonste gedeelte van die lyf is blou-grys met 'n wit onderkant en daar is wit spikkels om die oë en agter die kop. Die onvolwasse vissies is grys en stertvin basis is wit.

Hulle leef in aflandige koraalriwwe in water wat 8 tot 30m diep is. Hulle is alleenlopers maar soms as pare saamleef en ook in klein groepies. Die vis vreet alge en soöplankton. Hierdie spesie word minder dikwels gesien.

Sien ook

Bronne

  • Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7
  • The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3

Verwysings

Eksterne skakel

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Boggel-eenhoringvis: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Boggel-eenhoringvis (Naso brachycentron) is 'n vis wat voorkom in die Indiese-Pasifiese area en aan die ooskus van Afrika vanaf Kenia tot by Sodwanabaai. In Engels staan die vis bekend as die Humpback unicornfish.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF