dcsimg
Image of 紅紋鈍塘鱧
» Animals » » Vertebrates » » Ray Finned Fishes »

紅紋鈍塘鱧

Amblyeleotris wheeleri (Polunin & Lubbock 1977)

Mooidikkop ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Mooidikkop (Amblyeleotris wheeleri) is 'n vis wat voorkom in die Indies-Pasifiese area, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika vanaf Oman tot by Sodwanabaai in Suid-Afrika. In Engels staan die vis bekend as die Gorgeous shrimpgoby.

Voorkoms

Die lyf is langwerpig. Die vis se kop en lyf is witterig tot liggeel met ses dowwe rooi tot donker rooi strepe wat vertikaal oor die liggaam strek. Daar is ook baie blou kolletjies op die lyf en vinne behalwe die dorsale vinne wat rooi kolletjies op het. Die vis word tot 8 cm lank.

Habitat

Die vis leef in koraalriwwe in vlak water, nooit dieper as 40 m nie. Die vis deel gewoonlik 'n nes met die garnaal, Alpheus ochrostriatus. Die vis bly by die opening en indien hy 'n roofvis sien kruip hy terug in die gat in met die garnaal op sy hakke.

Sien ook

Bron

Eksterne skakel

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Mooidikkop: Brief Summary ( Afrikaans )