dcsimg
Image of 大鱗凡塘鱧
» Animals » » Vertebrates » » Ray Finned Fishes »

大鱗凡塘鱧

Valenciennea puellaris (Tomiyama 1956)

Oranjekoldikkop ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die oranjekoldikkop (Valenciennea puellaris) is 'n dikkop wat wydverspreid voorkom in die westelike Stille Oseaan, die Indiese Oseaan, insluitend die Rooisee en Oman en aan die ooskus van Afrika suidwaarts tot by die noorde van KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as orange spotted goby.

Identifikasie

Die vis word tot 14 cm lank. Die vis se lyf is gryswit met 'n dubbele ry oranje kolletjies aan die sye. Soms is die onderste ry 'n soliede streep. Daar is kleiner oranje kolletjies op die rug en ligblou vlekke op die kop. Die eerste dorsalevin is lank.

Die vissie leef in tropiese strandmere en aflandige koraalriwwe in water wat 2 tot 35 m diep is. Hier leef hulle op die sanderige bodems en langs die riwwe; gewoonlik in pare naby hulle neste. Die vis vreet klein ongewerweldes deur sand deur die kieue te filtreer. Die spesie is raar.

Sien ook

Bron

  • The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3

Eksterne skakels

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Oranjekoldikkop: Brief Summary ( Afrikaans )