Die Pou-klipvis (Pavoclinus pavo) is 'n vis wat endemies is aan die Suid-Afrikaanse kus en kom voor vanaf Lüderitz tot by die Groot-Keirivier. In Engels staan die vis bekend as die Peacock clinid.
Die vis se kleur is afhangend van die tipe seewier waarin die vis leef. Daar is wel blou-groen lyne op die kop net agter die oë op al die visse en die vis word tot 15 cm groot.
Die vis leef in poele en vlak, rotsagtige areas tussen alge en gaan selde dieper as 10 m.
Die Pou-klipvis (Pavoclinus pavo) is 'n vis wat endemies is aan die Suid-Afrikaanse kus en kom voor vanaf Lüderitz tot by die Groot-Keirivier. In Engels staan die vis bekend as die Peacock clinid.