dcsimg

Horing-klipspringer ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Horing-klipspringer (Antennablennius bifilum) is 'n vis wat voorkom in die westelike Indiese Oseaan, die Persiese Golf, Madagaskar, die Comore-eilande, die Maskareense eilande en aan die ooskus van Afrika vanaf noordelike Mosambiek tot by Port Alfred. In Engels staan die vis bekend as die Horned rockskipper.

Voorkoms

Die vis is lig gekleurd met sewe donker vertikale bane oor die lyf. Die bane strek tot op die dorsale vin. Die lyf is ook vol wit kolletjies en daar is ook drie strepe onder die kop. Daar is twee vleisagtige penne op die kop.

Habitat

Die vis kom voor in getypoele en vlak riwwe tot in water wat 37 m diep is.

Sien ook

Bron

Verwysings

  1. Fowler, H. W., 1931. The fishes obtained by the De Schauensee South African Expedition,--1930. Proc. Acad. Nat. Sci. Phila. v. 83: 233-249.
  2. BioLib (en)
  3. Günther, A., 1861. Catalogue of the fishes in the British Museum. Catalogue of the acanthopterygian fishes in the collection of the British Museum. 3. Gobiidae, Discoboli, Pediculati, Blenniidae, Labyrinthici, Mugilidae, Notacanthi. Londen. Cat. Fishes v. 3: i-xxv + 1-586 + i-x.

Eksterne skakel

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Horing-klipspringer: Brief Summary ( Afrikaans )