dcsimg

Gordel-nooientjie ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Gordel-nooientjie (Plectroglyphidodon leucozonus) is 'n vis wat voorkom in die Indiese-Pasifiese area, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika van Oman tot by Oos-Londen. Enkelinge is ook al by Knysna gevind. In Engels staan die vis bekend as die Sash damsel.

Voorkoms

Die vis se kop en lyf is geel bruin en die skubbe se rante is donkerder. Daar is 'n wit vertikale baan oor die vis se sye wat mag verdwyn soos die vis ouer word. Daar is 'n swart kol by die basis van die pektorale vinne. Die boonste punt van die stert is meestal wit. Die onvolwasse visse het swart kolle agter, onder die dorsale vin. Die vis word tot 12 cm groot.

Habitat

Die vis verkies om in rots strande en riwwe te leef in water wat tot 4 m diep is. Die onvolwasse vissies bly in getypoele. Die visse is territoriaal van aard.

Sien ook

Bron

Verwysings

Eksterne skakel

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Gordel-nooientjie: Brief Summary ( Afrikaans )