dcsimg

Ramkop-lipvis ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Ramkop-lipvis (Cheilinus undulatus) is 'n vis wat wydverspreid voorkom in die Stille Oseaan, die Indiese Oseaan, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika suidwaarts tot by die suide van Mosambiek. In Engels staan die vis bekend as die Humphead wrasse.

Identifikasie

Die vis word tot 230 cm lank en is een van die grootste rifvisse. Dit kan tot 190 kg weeg. Die groot volwasse visse het 'n prominente knop op die voorkop. Beide geslagte se kleur variasies is dieselfde. Hulle is olyfkleurig tot groen met 'n donker, vertikale breë streep op elke skub wat die elisie van vertikale lyne skep. Daar is twee horisontale strepe net agter die oë.

Die vis leef in tropiese strandmere, aflandige koraalriwwe en skeepswrakke in water wat 1 tot 60m diep is. Die onvolwasse vissies leef in grasagtige gebiede en word min gesien. Hulle is meestal alleenlopers. Die volwasse visse is gedurig op soek na prooi op die riwwe en slaap in grotte gedurende die nag. Hulle vreet 'n verskeidenheid klein vissies, slakke, seekastaiings en ongewerweldes.

Hierdie vis word genadeloos gejag en die spesie word bedreig.

Sien ook

Eksterne skakel

Bron

  • The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3

Verwysings

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Ramkop-lipvis: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Ramkop-lipvis (Cheilinus undulatus) is 'n vis wat wydverspreid voorkom in die Stille Oseaan, die Indiese Oseaan, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika suidwaarts tot by die suide van Mosambiek. In Engels staan die vis bekend as die Humphead wrasse.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF