dcsimg

Rotsskuiwer-lipvis ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Rotsskuiwer-lipvis (Novaculichthys taeniourus) is 'n vis wat voorkom in die Indiese-Pasifiese area, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika vanaf Oman tot by die Aliwal-bank. In Engels staan die vis bekend as die Rockmover wrasse.

Voorkoms

Die vis se lyf is langwerpig en dun. Die sylyn word onderbreek en die stertvin is bolrond. Daar is slegs 'n paar skubbe op die kop agter die oë terwyl die res van die lyf bedek is.

Die volwasse wyfie vis is bruin, die skubbe is lig met 'n donker rant en die pens gedeelte is rooi. Die kop is grys met donker strepe wat vanaf die oog uitstraal. Die iris is rooi. Die basis van die stertvin is baie lig, die basis van die pektorale vinne is swart en die bekken vinne se basis is donker na swart. Die eerste twee membrane van die dorsale vin is donker.

Die mannetjie het nie die donker strepe op die kop nie, die pens is sonder die rooi area en die skubbe is gelerig. Die onvolwasse vis is rooi, groen of bruin met vier rye onreëlmatige wit kolletjies en strepe op die lyf. Die vinne se membrame is 'n mengsel van kleur en wit en die stertvin is deurskynend. Die vis word tot 30 cm lank.

Habitat

Die vis leef in koraal- en rotsriwwe in water wat tot 45 m diep is. Die volwasse vis gebruik sy mond om stukke rots of afval koraal te skuif om klein diertjies soos krappe, seesterre, slakke en wurms te vang. Die volwasse visse jag in pare saam; die een vis lig die rots op en die ander vang die prooi.

Die volwasse vis sal, in sanderige areas, in die sand induik om jagters te ontduik terwyl die onvolwasse vissies alge sal namaak – hulle dryf saam met alge rond en beweeg hulle liggaam soos 'n alg wat deur die stroom rondgepluk word.

Sien ook

Bron

Verwysings

Eksterne skakel

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Rotsskuiwer-lipvis: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Rotsskuiwer-lipvis (Novaculichthys taeniourus) is 'n vis wat voorkom in die Indiese-Pasifiese area, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika vanaf Oman tot by die Aliwal-bank. In Engels staan die vis bekend as die Rockmover wrasse.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Description

provided by World Register of Marine Species
Inhabits semi-exposed reef flats and lagoon and seaward reefs (Ref. 1602). Common in areas of mixed sand, and rubble that are subject to mild surge (Ref. 1602). Highly territorial (Ref. 9823). Feeds on molluscs, sea urchins, brittle stars, polychaetes, and crabs (Ref. 5213); feeding is done by overturning large rocks to expose target preys. The young imitate drifting masses of algae (Ref. 2334). Marketed fresh (Ref. 9311).
license
cc-by-4.0
copyright
WoRMS Editorial Board
bibliographic citation
Froese, R. & D. Pauly (Editors). (2019). FishBase. World Wide Web electronic publication. version (02/2019). Froese, R. & D. Pauly (Editors). (2019). FishBase. World Wide Web electronic publication. version (02/2019).
contributor
Edward Vanden Berghe [email]