dcsimg

Zoeloe-lipvis ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Zoeloe-lipvis (Halichoeres zulu) is 'n vis wat voorkom in die westelike Indiese Oseaan aan die ooskus van Suid-Afrika. In Engels staan dit bekend as die Zulu wrasse. Dit word maklik verwar met Halichoeres nebulosus. Hierdie spesie is eers in 2009 geïdentifiseer deur die igtioloog John E. Randall.

Identifikasie

Die vis het 'n klein, slanke lyf en word tot 12 cm lank. Die volwasse visse se lyf is liggroen met pienkerige, sig-sag, horisontale strepe. Die kop is oranje met kenmerkende liggroen c-vormige merke op die wange. Daar is 'n swart kol op die kieudeksel en die onderkant van die vis is wit.

Die jong visse en volwasse wyfies lyk bykans dieselfde en is ligter as die volwasse visse met pienk merke. Die c-vormige merk is ligter en daar is ook 'n oogvlek in die middel van die dorsale vin en 'n rooi streep op die basis van die dorsale vin.

Die visse leef in rotskusareas wat onderhewig is aan strominge in water wat tot 3 m diep is. Hulle is alleenlopers of kom soms in pare voor en vreet klein skaaldiere.

Sien ook

Eksterne skakel

Bron

  • The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3
license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Zoeloe-lipvis: Brief Summary ( Afrikaans )