dcsimg

Reënboog-lipvis ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Reënboog-lipvis (Halichoeres iridis) is 'n vis wat voorkom in die westelike Indiese Oseaan; die Rooisee, Oman en langs die ooskus van Afrika suidwaarts tot by die suide van KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die Rainbow wrasse.

Identifikasie

Die vis word tot 11 cm lank en het klein, skraal lyf. Beide geslagte lyk dieselfde. Die lyf is donkerrooi en die kop is oranje met groen merke. Die dorsale vin is witterig tot liggeel. Die onvolwasse visse is donkerbruin met 'n bruingeel kop en twee prominente blou oogvlekke op die dorsale vin.

Hulle leef in aflandige koraal- en rotsriwwe in water wat 15 tot 40 m diep is. Hulle swem gewoonlik op die bodem rond in sanderige en rommel areas. Die visse vreet klein ongewerweldes. Die spesie is sku.

Sien ook

Eksterne skakel

Bron

  • The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3

Verwysings

Eksterne skakels

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Reënboog-lipvis: Brief Summary ( Afrikaans )