dcsimg

Prentlipvis ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Prentlipvis (Halichoeres nebulosus) is 'n vis wat voorkom in die Indiese-Pasifiese area, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika vanaf Oman tot by Algoabaai in Suid-Afrika. In Engels staan die vis bekend as die Picture wrasse.

Voorkoms

Die vis se lyf is reghoekig en dun met 'n bolronde stert. Die sylyn is aaneenlopend. Die vis word tot 12 cm groot. Die wyfie se kop en lyf is bruinerig aan die bokant met 'n groot ligrooi area op die sye net bo die anale vin. Net agter die rooi area is twee wit lyne en 'n swart kol agter die oog. Daar is 'n swart kolletjie op die voorkant van die dorsale vin en 'n swart oogvormige kol op die dorsale vin, asook rooibruin strepe op die dorsale en anale vinne.

Die mannetjie is hoofsaaklik groenbruin van kleur aan die bokant en ligter van kleur aan die onderkant tewyl daar geen rooi area op die pens is soos by die wyfie nie. Daar is verskeie swart vlekke op die liggaam en pienk strepe op die kop. Daar is 'n swart merk op die dorsale vin.

Habitat

Die vis leef in koraal en rotsriwwe in water wat tot 40 m diep is en word ook in hawens opgemerk.

Sien ook

Bron

Verwysings

Eksterne skakel

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Prentlipvis: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Prentlipvis (Halichoeres nebulosus) is 'n vis wat voorkom in die Indiese-Pasifiese area, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika vanaf Oman tot by Algoabaai in Suid-Afrika. In Engels staan die vis bekend as die Picture wrasse.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Description

provided by World Register of Marine Species
Mainly an inshore solitary species (but has been collected as deep as 40 m.) usually inhabiting coral reefs and algal lagoons (Ref. 5503).
license
cc-by-4.0
copyright
WoRMS Editorial Board
bibliographic citation
Froese, R. & D. Pauly (Editors). (2019). FishBase. World Wide Web electronic publication. version (02/2019). Froese, R. & D. Pauly (Editors). (2019). FishBase. World Wide Web electronic publication. version (02/2019).
contributor
Edward Vanden Berghe [email]