dcsimg

Nar-coris ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Nar-coris (Coris aygula) is 'n vis wat voorkom in die Stille Oseaan, die Indiese Oseaan, die Oman en aan die ooskus van Afrika suidwaarts tot by by die suide van KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die Clown coris.

Identifikasie

Die vis word tot 70 cm lank. Die vis ondergaan kleur variasies veral tussen groei fases. Die onvolwasse vissie se lyf is wit aan die voorkant en liggrys aan die agterkant met twee groot, halfsirkel oranje kolle op die rug met 'n swartkol met 'n witrand kol bo elke oranje kol op die dorsale vin. Die volwasse wyfies het wit kruis wat die ligte voorkant van die lyf met die donkergrys agterkant skei. Volwasse mannetjies ontwikkel ook 'n groot knop op die voorkop en is donker blou-groen met een of twee groen kruise op die lyf.

Hulle leef in rots kus areas en aflandige koraal- en rotsriwwe in water wat 1 tot 50m diep is. Hulle verkies sanderige areas in die riwwe. Die onvolwasse visse word ook in tussengety poele gevind. Die visse is alleenlopers en begraaf hulle self wanneer gevaar dreig. Hulle vreet hardedop ongewerweldes.

Sien ook

Eksterne skakel

Bron

  • The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3

Verwysings

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Nar-coris: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Nar-coris (Coris aygula) is 'n vis wat voorkom in die Stille Oseaan, die Indiese Oseaan, die Oman en aan die ooskus van Afrika suidwaarts tot by by die suide van KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die Clown coris.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Description

provided by World Register of Marine Species
Lives in the vicinity of sand or rubble patches of exposed outer reef flats, lagoon reefs, and seaward reefs (Ref. 1602). Juveniles are common in shallow coral reefs and lagoons. Solitary when adults. Feeds mainly on hard-shelled invertebrates including crustaceans, molluscs and sea urchins (Ref. 9823).
license
cc-by-4.0
copyright
WoRMS Editorial Board
bibliographic citation
Froese, R. & D. Pauly (Editors). (2019). FishBase. World Wide Web electronic publication. version (02/2019).
contributor
Edward Vanden Berghe [email]