dcsimg
Image of Lesser Pipefish

Pipefish

Syngnathinae

Seenaald ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Op grond van die ontwikkelingsvlak van die broeigedrag is die seenaalde (subfamilie) primitiewer as die seeperd. By die soorte wat die minste ontwikkel is, soos die slangnaald (Nerophis ophidion), neem die wyfie die inisiatief by paring en lê sy die eiers heeltemal onbeskut op die buik van die mannetjie. Die liggaam van die slangnaald is koeëlrond en wurmvormig.

 src=
Syngnathus typhle

Dit is in teenstelling met die hoër seenaalde, waar die lang, uitgerekte liggaam in deursnee vier- tot sewekantig is. ’n Anale vin ontbreek by die seenaalde en van 'n stertvin is daar meestal maar weinig oor. Die groep, wat uit meer as 300 spesies bestaan, kom in feitlik die hele wêreld voor.

Die meeste spesies lewe in die see, maar varswatersoorte is bekend. Die spesies wat in die see leef, kom gewoonlik in seewiervelde langs kuste en in riviermondings voor. Een van die uitsonderings is die pelagiese seenaald (Syngnathus pelagicus), wat in die diepsee leef. Daar vind hy egter beskutting en voedsel in die drywende Sargasso-wiervelde.

Lees ook

Verwysings

Bronnelys

Eksterne skakels

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Seenaald: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Op grond van die ontwikkelingsvlak van die broeigedrag is die seenaalde (subfamilie) primitiewer as die seeperd. By die soorte wat die minste ontwikkel is, soos die slangnaald (Nerophis ophidion), neem die wyfie die inisiatief by paring en lê sy die eiers heeltemal onbeskut op die buik van die mannetjie. Die liggaam van die slangnaald is koeëlrond en wurmvormig.

 src= Syngnathus typhle