dcsimg

Poroderma ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Poroderma is 'n genus van haaie wat aan die familie van kathaaie (Scyliorhinidae) behoort. Die genus bestaan uit twee spesies wat in Suid-Afrika voorkom.[1]

Hierdie haaie is gewoonlik grys met donker strepe. Hulle is nagdiere en verkies kusgebiede waar hulle naby die bodem tot 'n diepte van tot 100 meter diep leef. Hulle verkies klein grotte en skeure. Hul dieet bestaan gewoonlik uit skaaldiere, maar hulle voed ook op klein vissies. Hul gemiddelde lengte is tussen 60 en 80 cm, met 'n maksimum lengte van ongeveer 100 cm. Tydens geboorte is hulle ongeveer 15 cm lank. Hulle is nie gevaarlik vir mense nie.

Spesies

Sien ook

Verwysings

  1. Froese, Rainer, en Daniel Pauly, eds. (2009). Spesies van Poroderma in FishBase. Februarie 2009-weergawe.

Eksterne skakels

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Poroderma: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Poroderma is 'n genus van haaie wat aan die familie van kathaaie (Scyliorhinidae) behoort. Die genus bestaan uit twee spesies wat in Suid-Afrika voorkom.