dcsimg
Image of Silvertip Shark
» Animals » » Vertebrates » » Cartilaginous Fishes » » Modern Sharks » Ground Sharks »

Silvertip Shark

Carcharhinus albimarginatus (Rüppell 1837)

Silwertiphaai ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Silwertiphaai (Carcharhinus albimarginatus) is 'n haai wat voorkom in die westelike Stille Oseaan, die Indiese Oseaan en aan die ooskus van Afrika van Mosambiek tot by die noorde van KwaZulu-Natal. In Engels staan die haai bekend as die Silvertip shark.

Identifikasie

Die haai word tot 3m lank. Die haai is lank en slank en donkergrys tot brons. Die snoet is lank en rond. Die onderkant van die haai is lig. Die eerste dorsale-, pektorale- en stertvinne se punte en agterkante se rante is wit. Hulle leef in diep afgronde en aflandige banke. Hulle kan ook voorkom in diep strandmere of kanale in water wat tot 800m diep is. Hulle is alleenlopers en kan ook in klein groepies voorkom. Die haaie vreet bodem en medium diepte visse.

Sien ook

Eksterne skakel

Bron

  • The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3

Verwysings

  1. Blainville H. de 1816. Prodrome d'une nouvelle distribution systématique du règne animal. Bull. Soc. Philomath. Paris v. 8. 105-112 [sic for 113-120] +121-124.
license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Silwertiphaai: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Silwertiphaai (Carcharhinus albimarginatus) is 'n haai wat voorkom in die westelike Stille Oseaan, die Indiese Oseaan en aan die ooskus van Afrika van Mosambiek tot by die noorde van KwaZulu-Natal. In Engels staan die haai bekend as die Silvertip shark.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF