dcsimg

Tornyn (walvis) ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

’n Tornyn of bruinvis (Phocoena phocoena), vroeër ook ’n "seevark" genoem, is ’n soogdier uit die orde van tandwalvisse (Odontoceti). Die vis se wetenskaplike naam is oorspronklik in 1758 as Delphinus phocoena aangegee deur Carl Linnaeus.[1] Die dier is hoogstens 1,8 m lank en weeg op die meeste 60 kg. Dit is die walvissoort wat die meeste in die Noordsee voorkom. Hulle is nou verwant aan die dolfyne (Delphinidae).

Terminologie

Die term "tornyn" vir dié soort walvis (van die Nederlandse tonijn, ’n soort tuna) het in Afrikaans ontwikkel deurdat die benaming, as gevolg van die grootte van die tornyn, ook op die walvis toegepas is.[2]

Die naam "bruinvis" val vreemd op, want die diere is nie visse nie en is ook nie bruin nie.

Uiterlike voorkoms

Tornyne het ’n stomp neus, lae driehoekige rugvin en (soos alle Walvisagtiges) ’n plat, horisontale stertvin. Die rug is donkergrys en die buik helderwit. Hulle het spatelvormige tande: 22 tot 28 paar in die bokaak en 21 tot 25 paar in die onderkaak. Hiermee "wei" hulle op die seebodem, waarna hulle die vissies wat hulle kry, na binne suig.

Verwysings

  1. Linnaeus, C. (1758). Systema naturae red. 10: 77
  2. "Tornyn" in die Etimologiewoordeboek van Afrikaans (EWA). Aanlyn by viva-afrikaans.org (intekening nodig). Besoek op 25 Januarie 2020.

Eksterne skakels

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Tornyn (walvis): Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

’n Tornyn of bruinvis (Phocoena phocoena), vroeër ook ’n "seevark" genoem, is ’n soogdier uit die orde van tandwalvisse (Odontoceti). Die vis se wetenskaplike naam is oorspronklik in 1758 as Delphinus phocoena aangegee deur Carl Linnaeus. Die dier is hoogstens 1,8 m lank en weeg op die meeste 60 kg. Dit is die walvissoort wat die meeste in die Noordsee voorkom. Hulle is nou verwant aan die dolfyne (Delphinidae).

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF