Die ysbeer (Ursus maritimus) is 'n beerspesie wat van nature in die omgewing van die Noordpool voorkom en die alfa-roofdier in die omgewing is. Sy dik lae vet en pels beskerm hom teen die koue en sy deursigtige pels, wat lyk asof dit wit of roomkleurig is, kamoefleer hom teen sy prooi. Die beer het 'n kort stert en klein ore wat hitteverlies help verminder en 'n relatiewe klein kop en 'n lang, keëlvormige liggaam wat dit makliker maak om te swem. Die ysbeer is van nature aangepas by 'n habitat van land, water en ys en is afhanklik van die pakys, drywende ysskotse en die seelewe vir oorlewing.[2]
Wetenskaplikes glo dat die geprojekteerde vermindering van die Poolse dryfys, as gevolg van aardverwarming, 'n negatiewe impak op die spesie kan hê en selfs binne hierdie eeu nog tot hulle uitsterwing kan lei. Die bevolkingssyfers het met tot 20% gedaal in die afgelope jare, die gemiddelde gewig van ysbere het afgeneem en die welpies se oorlewingsgetalle het ook ernstig gedaal.[3][4]
Saam met die Kodiakbeer word die ysbeer onder die grootste lewende karnivore getel en 'n manlike ysbeer kan tot twee keer so veel as 'n Siberiese tier weeg. Daar is 'n groot verskil tussen die twee geslagte se grootte: 'n volwasse manlike ysbeer weeg 300-600 kg en is 2,4-2,6 m in lengte. 'n Volwasse wyfie is rofweg die helfte so groot as 'n mannetjie en weeg normaalweg 150-300 kg en word 1,9-2,1 m lank.[5][6] Welpies weeg maar slegs 600-700 g met geboorte.
Die grootste ysbeer op rekord is in Kotzebue Sound in Alaska in 1960 geskiet. Volgens die 2006-uitgawe van die Guinness World Records-boek het hierdie beer 'n beraamde 580 kg geweeg en was hy 3,38 m lank.[7]
Onlangse data wys egter dat die algemene gewig van ysbere besig is om te daal, 'n aanwysing van die huidige druk waaronder die bere is. 'n Studie deur die National Geographic Society het in 2004 gewys dat ysbere in daardie jaar 'n gemiddeld van 15% minder geweeg het as in die 1970's.[8] In 2007 het die vroulike ysbere in Hudson Bay 'n gemiddelde gewig van 230 kg gehad – 'n skerp daling van die gemiddelde gewig van 300 kg in 1980.
'n Ysbeer se pels is kleurloos en deursigtig, ten spyte van sy skynbare wit kleur, en beskerm die beer teen koue, terwyl die skynbare wit pels goeie kamoeflering verskaf. Onder sy pels het die ysbeer 'n swart vel, wat sigbaar is by sy neus, oë en mond. 'n Ysbeer het 'n swart neus en harde hare op die sole van sy pote om dit teen die koue te beskerm en ook om die beer te help om 'n houvas op die gladde ys te kry.
In teenstelling met ander Arktiese diere, verhaar die ysbeer nie in die somer nie. Die hare van sy pels is hol en dit was eens geglo dat die hare soos optiese veselbuise gereageer het en lig na die beer se swart vel gelei het waar dit dan geabsorbeer kan word – 'n teorie wat as onwaar bewys is deur onlangse studies.[9] Die dik pels dien wel as 'n buffer teen die hitte, sowel as die koue, en help om die bere koel te hou in warmer temperature, aangesien 'n ysbeer oorverhit teen temperature bo 10 °C (50 °F). As gevolg van so 'n koue liggaamstemperatuur is ysbere nouliks te sien met behulp van infrarooi fotografie – slegs hulle asem en snuite kan maklik gesien word.[10] Die bere lê gewoonlik wydgestrek oor die ys om af te koel en op land grou hulle soms tot hulle bevrore grond ontdek. In die beer se pels groei daar ook dun verspreide beskermhare wat ongeveer 15 cm lang is. Die hare is hard en staan regop om te keer dat die beer se pels nie te veel saamplak as dit nat is nie. Water word dus ook maklik afgeskud voor dit kan vries. Ysbere sal ook in die sneeu rol om oortollige water van hul pels te verwyder.
Daar word geglo dat die skeiding tussen die wasbeer en ander beerspesies omtrent 30 miljoen jaar gelede begin het. Die brilbeer het omtrent 13 miljoen jaar gelede van die ander bere geskei. Die ses verskillende ursus-spesies het ongeveer 6 miljoen jaar gelede te voorskyn gekom. Te danke aan fossiele en DNA-bewyse weet ons vandag dat die ysbeer ongeveer 200 duisend jaar gelede van die bruinbeer geskei het; fossiele wys ook dat die ysbeer so kiestande tussen 10 en 20 duisend jaar gelede drasties verander het van dié van die bruinbeer.
Ysbere is al suksesvol met bruinbere geteel,[11] wat daarop dui dat die twee beersoorte nou verwant is. Geen van die twee spesies kan egter vir 'n lang tyd in die ander se habitat oorleef nie en aangesien hulle 'n duidelik verskillende liggaamsbou, metabolisme, sosiale gedrag, voedingsgedrag en ander omgewingsverwante verskille het, word die twee bere as aparte spesies geklassifiseer.
In 'n wyd-aangehaalde verslag wat in 1996 gepubliseer is, word 'n vergelyking getref tussen die DNA van al die verskillende bruinbeer soorte en is daar bewys dat die bruinbere van Alaska se ABC-eilande 'n meer onlangse gemene voorvader met ysbere deel as met enige ander bruinbeer soort in die wêreld.[12] Nog 'n aanduiding dat die twee bere steeds verwant is, is die feit dat die ysbere se bloed, nes die bruinbere, 'n hibernasie-aktiveerder bevat, maar ander as die bruinbere gebruik die ysbere nie meer hierdie aktiveerder om te begin hiberneër nie. Hulle sal nou en dan 'n latente periode hê, waartydens hulle aaneen slaap (in besonder swanger wyfies), maar hulle liggaamstemperatuur daal nie tydens hierdie periode soos mens van 'n tipiese hibernerende soogdier sou verwag nie.
Baie bronne verwys nie na ysbeersubspesies nie,[13] maar ander bronne verwys weer na twee verskillende subspesies: Ursus maritimus maritimus en Ursus maritimus marinus.[14][15] Die aantal ysbeerbevolkings blyk te verskil afhangende van wie die telling neem: die IUCN/SSC Polar Bear Specialist Group (PBSG), die vernaamste internasionale wetenskaplike instituut vir die navorsing en beheer van ysbere, herken twintig bevolkings wêreldwyd.[10] Ander wetenskaplikes herken ses verskillende bevolkings:[16]
Al spandeer die ysbeer tyd op die land en ys word hy beskou as 'n seesoogdier, aangesien hy 'n intieme verhouding met die see handhaaf.[17] Die poolse spesie word in en om die Arktiese Oseaan aangetref; beweegbaarheid word in die Suide beperk deur pakys. James Bay in Kanada is die mees-Suidelike punt van hul natuurlike omgewing. Alhoewel daar aansienlik min van hulle Noord van 88 grade aangetref word, is daar wel bewyse van ysbere regoor die Noordpool gebied. Die bevolkingsberamings is bietjie meer as 20,000.[18]
Die ysbere se verspreiding word beperk deur die beskikbaarheid van dryfys en ysskotse wat hulle gebruik om robbe, hul stapelvoedsel, te jag. Die vernietiging van sy habitat op die Arktiese ys bedreig die beer se oorlewing as 'n spesie: daar word geglo dat die ysbeer binne die volgende 100 jaar mag uitsterf.[19] Tekens hiervan is reeds by die Suidelike grense van hul habitat opgemerk.[20][8]
Die ysbeer is die grootste karnivoor van die beerfamilie en sien ook mense as prooi aan. Ysbere eet hoofsaaklik robbe, veral ringelrobbe wat gate in die ys maak om deur asem te haal, maar sal enige iets eet wat hulle kan vang en doodmaak: voëls, knaagdiere, skulpdiere, krappe, beloegas (ook genaamd witwalvisse), jong walrusse, somtyds muskos-osse of rendiere en, in uiterste situasies, ander ysbere. Rendiere en muskos-osse is baie vinniger as 'n ysbeer en aangesien 'n ysbeer maklik oorverhit, word dié twee diere nie dikwels gejag nie. Ysbere is enorm sterke roofdiere, maar hulle sal nie sommer 'n volwasse walrus kan doodmaak nie, aangesien volwasse walrusse twee keer so swaar as ysbere weeg.[21] Die ysbeer is self die prooi van slegs moordwalvisse, groter ysbere en mense.
As 'n karnivoor wat grotendeels op ander vis-etende karnivore voed, neem die ysbeer groot hoeveelhede vitamien A in wat in hulle lewer gestoor word. In die verlede is mense al vergiftig deur 'n oormaat vitamien A as die lewer van ysbere geëet word.[22] Al is hulle karnivore, sal ysbere in die laat somer ook somtyds bessies, plantwortels en seewier eet.
Ysbere is 'n vindingryke jagters en sal by robbe, wat onder die pakys swem, se selfgemaakte asemhalingsgate wag tot dié diere na boontoe kom. Hulle sal ook slapende robbe bekruip – as 'n rob wakker word sal die beer stop en wag tot die rob weer aan die slaap val voor hy aanval. Volwasse bere eet hoofsaaklik net die robbe se vel en vet. Dit verminder die behoefte aan water aangesien minder ureum (CON2H4 of (NH2)2CO) geproduseer word as in 'n hoë proteïne dieet. In die winter, wanneer water moeilik bekombaar is, help dit dan ook om energie te spaar, aangesien die bere dan minder sneeu hoef te eet. Bere se cholesterolvlakke daal as hulle baie robbe eet – moontlik as gevolg van die volop omega-3 vetsure in die robbe se vet.[23] Hulle cholesterol-vlakke styg as hulle vas. Borsvoedende wyfies en haar welpies en ander groeiende bere sal die hele karkas opvreet. As daar nie 'n tekort aan prooi is nie, sal 'n volwasse beer normaalweg een rob elke vyf dae vreet.
Ysbere is uitstekende swemmers en is al in die Arktiese water, 95 km van die land af opgemerk. In sommige gevalle spandeer hulle die helfte van hulle lewens op drywende ysskotse. Hulle 12 cm dik vetlaag bied hulle dryfvermoë asook beskerming teen die koue. Ysbere in die Arktiese omgewing is onlangs genoodsaak om verder as gewoonlik te swem op soek na prooi, as gevolg van die smelt van pakys. Daar is vier verdrinkings van ysbere op rekord vir 2005.[24]
Ysbere is enorm groot, aggressief, nuuskierig en uiters gevaarlik vir mense. Wilde ysbere, in teenstelling met die meeste ander bere, is nie aan mense gewoond nie en sal enige lewende wese wat hulle teëkom as 'n potensiële prooi beskou. 'n Ysbeer moet nooit genader word nie; indien een in die onmiddellike nabyheid is, word daar aangeraai om stadig te voet terug te beweeg na 'n binnenshuise plek, of om met 'n voertuig weg te ry.
As gevolg van die menslike inbraak op hul habitat, het sommige ysbere, soos ander beerspesies, geleer om vullissakke te deursoek vir kos; die vullishoop in Churchill, Manitoba in Kanada is 'n gewilde aasplek vir ysbere, waar dit opgemerk is dat hulle onder andere smeerolie en motorolie eet.[25]
Ysbere is veelwywers, dit wil sê hulle het meer as een maat met wie hulle paar. Paring vind plaas in die lente (Maart tot en met Mei) en die twee bere het gewoonlik geen verdere betrokkenheid buite 'n week ná die paringsproses nie, alhoewel enkele permanente verbintenisse al waargeneem is. Ná bevrugting ondergaan die wyfie se eierselle 'n vertraagde inplanting, wat eers in September of Oktober gebeur. 'n Wyfie is tussen 195 en 265 dae (ongeveer 8 maande) dragtig en die welpies word dus vroeg in die winter gebore (November tot Desember). Na 'n periode waarin sy baie eet, grawe die wyfie in Oktober 'n twee-kamer grot in diep sneeu vir die geboorte. Gewoonlik word daar twee welpies gebore, alhoewel daar gevalle is waar die geboorte van een, drie en selfs vier welpies waargeneem is. Soos in die geval van ander Ursus-spesies is die welpies uiters klein, met 'n algemene lengte van 30 cm en massa van 700 g – dit in vergelyking met die algemene massa van 300 kg van hul moeders.
Die hulpelose, blinde welpies maak hulle oë na omtrent 'n maand vir die eerste keer oop en verlaat hulle skuilplek as hulle ongeveer 10 kg weeg. Hulle begin op 1.5 maande loop en begin vaste kos eet op omtrent 4-5 maande. Hulle bly by hul moeder; sy leer hulle jag en beskerm hulle teen volwasse mannetjies wat somtyds klein ysbere eet. Die kleintjies soog tot twee en 'n half jaar – die melk van 'n wyfie bevat ongeveer 33% vet, meer as enige ander beerspesie en vergelykbaar met dié van ander see-soogdiere.[10] Die bere wat meer Noord woon, bly gewoonlik langer by hul welpies. Seksuele volwassenheid word op 3-4 jaar bereik. Volwasse ysbere wat in aanhouding woon (byvoorbeeld in dieretuine) kan ouer as 30 jaar word, maar die algemene leeftyd vir sulke bere is 25 jaar. Die algemene leeftyd vir bere in die natuur word baie korter geskat.
Ysbere hiberneer nie, alhoewel 'n sogende moeder 'n slaapperiode binnegaan tydens die eerste deel van die soogperiode. Die wyfie kan tot nege maande sonder kos oorleef en is in dié tydperk aangewese op haar gestoorde liggaamsvet om haar en haar welpies aan die lewe te hou. Die welpies verlaat hul moeder sodra hulle volwasse is.
Die 2004-studie gelei deur die National Geographic Society het geen gevalle gevind waar wyfies aan drielinge geboorte gegee het nie, terwyl dit 'n algemene verskynsel in die 1970's was. Daar is ook waargeneem dat slegs een uit elke twintig welpies opgehou het om aan hulle moeder te soog op die ouderdom van agtien maande, terwyl dit die geval was met die helfte van die waargenome welpies drie dekades gelede.[8]
In Alaska het die United States Geological Survey gerapporteer dat 42% van die welpies 'n ouderdom van 12 maande bereik, terwyl die getal 65% was in 1982.[26] Dit beteken dat minder as twee uit elke drie welpies wat in 1982 oorleef het, dit nou verby hulle eerste jaar maak.
Die bevolking van 20 000 tot 25 000 ysbere is besig om af te neem. Op die Weskus van Hudsonbaai in Kanada, byvoorbeeld, was daar 'n beraamde 1 200 ysbere in 1987 in vergelyking met 950 in 2007.[27]
In Februarie 2005 het die omgewingsbewuste groep Center for Biological Diversity (Sentrum vir biologiese verskeidenheid), met ondersteuning van die Amerikaanse senator Joe Lieberman, 'n petisie opgestel en oorhandig aan die United Fish and Wildlife Service (FWS), om die Bedreigde spesies-wet te gebruik en die ysbere as 'n bedreigde spesie te verklaar.[28]
Volgens die wet van die Verenigde State was die FWS veronderstel om binne 90 dae op die petisie te antwoord,[28] maar na hulle steeds geen antwoord gekry het nie, het die Center for Biological Diversity in Oktober 2005 gedreig om die regering van die Verenigde State van Amerika te dagvaar. Op 14 Desember 2006, het die Center for Biological Diversity, saam met Greenpeace en die Natural Resources Defense Council (Natuurlike bronne beskermingsraad), 'n regsaak teen die VSA-regering vanuit Kalifornië begin.[29]
Op 27 Desember 2006, het die Verenigde State se Departement Binnelandse Sake, in samewerking met die drie genoemde groepe, voorgestel dat ysbere op die lys van bedreigde spesies geplaas word – dit is die eerste verandering in sy soort wat aan aardverwarming te wyte is. Dit kan tot 'n jaar neem om die finale besluit te neem.[30]
Die International Union for Conservation of Nature and Natural Resources (Internasionale unie vir die beskerming van die natuur en natuurlike hulpbronne – IUCN) het reeds ysbere "bedreigde spesie"-status gegee in Mei 2006.[31]
Daar is egter bewerings dat die ysbeerbevolking besig is om aan te groei.[32] Die bewerings is gebaseer op volgehoue ondersoeke na die beerbevolking in die Davis-seestraat deur Mitch Taylor, wat plaaslike Inuit-meldings van 'n groei in die beerbevolking van die area bevestig. Ander data in die ondersoek is in teenstelling met die sombere voorspellings deur die teenstanders van aardverwarming.
Die onmiddellike en aktuele erkende bedreiging vir die ysbeer is die drastiese veranderings wat sy habitat besig is om te ondergaan; dit is letterlik besig om weg te smelt as gevolg van aardverwarming.[33][34] Die United States Geological Survey (Verenigde State geologiese ondersoek) het, byvoorbeeld, in November, 2007, verklaar dat die verlies van see-ys in die Alaska-gedeelte van die Beaufortsee reeds tot 'n hoër sterftesyfer van ysbeerwelpies gelei het.[35] Volgens die Harvard University Gazette het 'n 1999-studie van ysbere in Hudsonbaai getoon dat die stygende temperature 'n verdunning in die pakys veroorsaak, van waar die bere jag, en hulle forseer om terug land toe te gaan weke voor hulle genoeg kos gehad het om hulle deur hul hibernasie te dra.[36] Die BBC webwerf het ook gerapporteer dat "klimaatverandering bedreig ysbere deur verhongering aangesien hulle jagseisoen verkort word volgens wetenskaplikes van die Canadian Wildlife Service".[37]
Daar is ook onrustigheid oor die omgewingsbesoedeling wat die bere, naas normale natuurlike probleme, in die gesig staar.[38]
Hierdie artikel is grotendeels 'n vertaling uit die Engelse Wikipedia artikel "Polar Bear".
Die ysbeer (Ursus maritimus) is 'n beerspesie wat van nature in die omgewing van die Noordpool voorkom en die alfa-roofdier in die omgewing is. Sy dik lae vet en pels beskerm hom teen die koue en sy deursigtige pels, wat lyk asof dit wit of roomkleurig is, kamoefleer hom teen sy prooi. Die beer het 'n kort stert en klein ore wat hitteverlies help verminder en 'n relatiewe klein kop en 'n lang, keëlvormige liggaam wat dit makliker maak om te swem. Die ysbeer is van nature aangepas by 'n habitat van land, water en ys en is afhanklik van die pakys, drywende ysskotse en die seelewe vir oorlewing.
Wetenskaplikes glo dat die geprojekteerde vermindering van die Poolse dryfys, as gevolg van aardverwarming, 'n negatiewe impak op die spesie kan hê en selfs binne hierdie eeu nog tot hulle uitsterwing kan lei. Die bevolkingssyfers het met tot 20% gedaal in die afgelope jare, die gemiddelde gewig van ysbere het afgeneem en die welpies se oorlewingsgetalle het ook ernstig gedaal.
El osu polar o osu blancu (Ursus maritimus) ye una especie de mamíferu carnívoru de la familia de los osos (Ursidae).[2] Ye xuntu col so pariente, l'oso Kodiak (Ursus arctos middendorffi), unu de los carnívoros terrestres más grandes de la Tierra.[3] Vive nel mediu polar y zones xelaes del hemisferiu norte. Ye l'únicu superdepredador del Árticu.
Constantine John Phipps foi'l primer científicu que describió al osu polar como una especie distinta col nome científicu de Ursus maritimus, del llatín «osu marítimu», debíu al hábitat nativu d'esti animal. Los inuit referir a esti animal como nanook (treslliteráu como nanuq n'iñupiaq).
Créese que la familia Ursidae dixebrar de los otros carnívoros fai aprosimao 38 millones d'años. La subfamilia Ursinae anicióse fai unos 4,2 millones d'años. Según la evidencia fósil y los analises d'ADN, fai solo 150 000 años asocedió la diverxencia d'esta especie y l'osu pardu (Ursus arctos).[4] El fósil d'osu polar más antiguu que se conoz data de fai aprosimao 130 000 a 110 000 años y topóse na isla Príncipe Carlos Forland, en 2004.[4] Los fósiles amuesen que fai ente 10 000 y 20 000 años, los molares del osu polar diferíen significativamente con al respective de los del osu pardu. Ye posible que la especie aniciárase a partir d'una población aisllada d'osos pardos, sometida a una fuerte presión xenética mientres les glaciaciones del Pleistocenu.[5]
Estudios xenéticos realizaos darréu amuesen qu'inclusive delles poblaciones d'osu pardu atópense más rellacionaes al osu polar que con otres de la so mesma especie;[6] esto implica que l'osu polar nun cumple con delles de les definiciones d'especie.[7] Adicionalmente, los dos especies pueden reproducise y llograr híbridos fértiles (grolares),[5][8] indicando la so recién diverxencia y la so semeyanza xenética.[9] Sicasí, considérense especies separaes porque nenguna de los dos especies pueden sobrevivir al llargu plazu nel nichu ecolóxicu de la otra, tienen diferencies morfolóxiques y fenotípicas; metabolismu y comportamientu social distintu.[9]
Cuando la especie foi descrita identificáronse dos subespecies: Ursus maritimus maritimus (Constantine J. Phipps en 1774) y Ursus maritimus marinus (Peter Simon Pallas en 1776).[10] Estes subespecies anguaño nun son válides.
Tiense rexistru d'una subespecie fósil, Ursus maritimus tyrannus, que foi descendiente de Ursus arctos y escastóse mientres el Pleistocenu. Esta subespecie foi abondo más grande que la especie esistente.[5]
Presenta un perfil más allargáu qu'el d'otros osos y les pates más desenvueltes, tantu pa caminar como pa nadar llargues distancies. Les oreyes y la cola son bien amenorgaes, pa caltener meyor el calor corporal, al igual qu'en munchos otros mamíferos árticos. Nesto tamién collaboren una gruesa capa de grasa subcutáneo y una trupa pelame, qu'en realidá nun ye blancu, sinón tresllúcíu, formáu per miles de pelos buecos (que al tar llenos d'aire, son un bon aislante térmicu). Sol pelame atopa la piel, que ye negra p'atraer meyor la radiación solar y aumentar asina'l calor corporal. La lluz ordinario refléxase sobre la pelame, xenerando de normal la falsa sensación de blancura. Sicasí, en determinaos momentos y llugares puede trate amarellentada o inclusive parda clara. La perda del calor corporal atópase bien amenorgada, tantu pola pelame y el color de la dermis como pol trupu panículu adiposu que s'atopa so la piel y que solo s'endelgaza na cabeza, especialmente na ñariz. Mientres el branu estos osos endelgacen y al tener bien densamente vascularizados los músculos pueden irradiar entós l'escesu de calor. Los osos polares del zoolóxicu de Singapur volviéronse verdes en 2004 al crecer grandes cantidaes d'algues sobre ellos, daqué que nunca asocediera nuna zona más fría.[11] Episodios similares, pero de menor importancia, diéronse tamién en San Diego (1979) y Chicago (2005).
Los machos adultos algamen de normal pesos d'ente 350 y 680 kg,[12] anque se conocen exemplares escepcionalmente grandes qu'algamaron o inclusive superaron los 1000 kg.[ensin referencies] Les femes suelen pesar alredor de la metá;[12] sicasí, nel tiempu nel qu'atropen grasa antes de dar a lluz, pueden pesar ente 350 y 500 kg. Los machos pueden midir hasta 2,6 m de llargu,[12] ente que les femes ronden los 2 m.[ensin referencies]
Esta especie ye la más carnívora de tolos osos, anque inxeren una parte ínfima de vexetales mientres el branu árticu na tundra. Naden con facilidá (dacuando cientos de kilómetros), pero prinden a les sos preses en tierra o sobre'l xelu, siendo'l depredadores dominantes del so hábitat. Les foques y otros mamíferos marinos, como la beluga, son prindaes cuando abren furacos nel xelu p'alendar. Pel branu rastrexen l'aire col so poderosu olfatu, a la busca de críes de foca abelugaes en cámares sol xelu; más raramente averar a les colonies reproductives de morses, onde prinden exemplares nuevos, o a les zones de anidación d'aves marines, como los araos, p'alimentase de güevos y pollos. Nun enviernen, y mientres estos meses fríos suelen ser siguíos por decenes de foinos árticos que taramien les carroñas que dexa al so pasu, pero nunca los ataquen. Los vezos d'estos animales son casi siempres solitarios, y son frecuentes les engarradielles ente machos p'apariase coles femes y les engarradielles ente individuos de cualquier sexu p'apoderase de la comida. Polo xeneral les engarradielles resolver por horripilación; esto ye: cuando un exemplar disuade o amedrana a otru faciendo notar la so potencial fortaleza evidenciando la so corpulencia. Tampoco paecen tener problemes colos llobos, siendo'l so únicu enemigu pluricelular importante los humanos.
Dellos exemplares averar a árees habitaes, onde roben pexe puestu a ensugar o restolen na basura. En Manitoba llegóse a ver individuos alimentándose d'aceite de motor y grasa abandonada.
El periodu de apareamiento (únicu en que los osos de dambos sexos axúntense y traten de forma amistosa) ye ente abril y mayu, pero los óvulos nun se fertilicen y empiecen a desenvolver hasta setiembre aprosimao, no que se conoz como implantación diferida. Mientres esti tiempu, la fema trata d'almacenar la mayor cantidá de grasa posible.
Solo les femes preñaes busquen abelugu mientres l'iviernu (anque non enviernen), dando a lluz uno o dos críes mientres l'iviernu nun abelugu escaváu nel xelu. El restu de los individuos siguen siendo activos a pesar de la escuridá y fríu estremu que reinen nel ambiente y vagabundean a la busca de comida sobre la plataforma xelada. Les madres nun comen nada mientres esti periodu, sinón que viven de la grasa qu'atroparon nel so cuerpu mientres l'iviernu, ente que los cachorros alimentar de la lleche materno. Esto causa nes madres una fuerte perda de pesu, que tienen de recuperar mientres el branu.
Les críes nacen n'ochobre, tres una xestación sosprendentemente curtia. Al nacer pesen unos 700 g, nun tienen nengún diente, son ciegues, y totalmente desvalíes. Nel cursu de cinco meses crecen rápido, de tal manera qu'al entamu del branu pueden siguir perfectamente a la madre (ésta ta extraordinariamente flaca y afamiada tres l'ayunu, nel que puede perder la metá del so pesu inicial). Pasen otros cinco meses al pie de ella, aprendiendo a alcontrar comida y a abelugase de los machos adultos, que n'ocasiones maten y comen esbardos. Dalgunos lleguen a convivir cola so madre hasta los dos o trés años y mediu d'edá. Maurecen sexualmente ente los trés y los cuatro años, y pueden vivir un máximu de 30.
Nun esisten subespecies auténtiques d'osu polar,[13] debíu al recién orixe de la especie (probablemente a finales del Pleistocenu) y la gran movilidá de los sos individuos sobre los vastos campos de xelu, lo qu'amenorga l'aislamientu xenéticu d'estos. Aun así, los especialistes estremen d'una manera informal seis poblaciones mayores:
Canadá (60 % de los exemplares mundiales)
L'osu polar alimentar de munchos animales árticos. Con too y con eso, les sos favorites son les críes de foques y renos (que son muncho más escasos que los primeres) y lleguen a comer unos 30 quilos de comida al día, y los cachorros un quilu. Los osos polares nun tomen agua, yá que nel so ambiente ye salada y aceda. Saquen los fluyíos que precisen del sangre de les sos preses. Tamién s'afayó apocayá que pueden aportar a caníbales, cuantimás los machos, yá que si sufren demasiada fame, nun tienen problemes en comese a otros osos n'especial nuevos o muertos xeneralmente.
Tradicionalmente, los osos polares fueron cazaos polos esquimues y otros pueblos árticos, pola so carne y piel, evitando inxerir el fégadu, que por contener niveles desaxeradamente altos de retinol (forma de vitamina A atopada en miembros del reinu animal) resulta peligrosu consumilo pal ser humanu.[14]
Los colonos europeos empezaron a matalos tamién por deporte y p'evitar les sos incursiones nos poblaos, onde podíen robar comida o atacar a los animales domésticos. En rares ocasiones diéronse ataques contra humanos, anque la gran mayoría d'éstos foi obra d'animales mancaos primeramente polos mesmos homes.
La UICN considera que'l númberu d'osos polares amenorgóse en siquier un 30 % nos postreros 45 años. Pa 2008 la población calcular ente 20 000 y 25 000 individuos.[1] Hasta va dellos años, los osos polares cazar dende embarcaciones de motor, avionetes ya inclusive helicópteros. Esta caza masiva punxo la especie en cantu de la estinción, polo qu'acabó prohibiéndose en ciertos países como Rusia o Noruega y regulándose nos demás. En Canadá, país que presenta la mayor parte de la población mundial d'osos polares, dexar a los inuit cazar un ciertu númberu d'exemplares. Otramiente, en 2010 autorizar a les poblaciones indíxenes d'Estaos Xuníos y Rusia por aciu un alcuerdu ente dambos países una cuota añal de 29 exemplares, cuota anulada apocayá per Rusia que prohibe totalmente la caza d'osos polares nel so territoriu.[15] Tamién s'escuerre l'usu de cebos envelenaos pa matar a los osos.
Aparte del home, l'únicu animal que puede ser peligrosu pal osu polar ye la morsa, que puede mancalo de gravedá colos sos caniles.
Les amenaces más modernes constituyir l'acumuladura de contaminantes nel xelu y atmósfera árticos, y el calentamientu que ta afectando'l so ecosistema.[1] Según estudios canadienses (2005)[ensin referencies], el xelu de les zones habitaes por estos animales tase derritiendo hasta tres semana primero que na década de 1970, obligando al osu a retirase a tierra firme ensin completar les sos reserves de grasa, que pierden mientres el branu y la seronda en forma tan crítica qu'afecta la capacidá de les femes pa quedar preñaes y minen la so capacidá de producir lleche p'alimentar a les sos críes. Esto provocó una cayida del 15 % na tasa de nacencies.[ensin referencies]
El osu polar o osu blancu (Ursus maritimus) ye una especie de mamíferu carnívoru de la familia de los osos (Ursidae). Ye xuntu col so pariente, l'oso Kodiak (Ursus arctos middendorffi), unu de los carnívoros terrestres más grandes de la Tierra. Vive nel mediu polar y zones xelaes del hemisferiu norte. Ye l'únicu superdepredador del Árticu.