dcsimg
Image of Portuguese man o' war
» Animals » Cnidarians » Hydrozoans »

Portuguese Man O' War

Physalia physalis (Linnaeus 1758)

Bloublasie ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

 src=
'n Bloublasie wat in die water dryf.

Die Bloublasie (Physalia utriculus), ook bekend as die "(Indo-Pacific) Portuguese man o' war", is 'n ongewerwelde dier met giftige tentakels wat in die see voorkom aan die hele kuslyn van Suid-Afrika sowel as in ander tropiese en sub-tropiese water.

P. utriculus word onderskei van die Atlantiese "Portuguese Man o' War" (Physalia physalis) deur sy kleiner blasie (ses duim invergelyking met twaalf) en het 'n enkele lang tentakel. P. utriculus verskyn gereeld in swerms.

In teenstelling met sy voorkoms is die Bloublasie nie 'n gewone jellievis nie, maar 'n siphonophore, wat nie 'n enkele organisme is nie, maar 'n kolonie van klein gespesialiseerde enkelinge wat zooids genoem word. Hierdie zooids is aanmekaar verbind en geintegreerd sodat hulle nie onafhanklik kan bestaan nie.

Voorkoms

Die blasie is ongeveer 5 cm lank en die tentakels word tot 10 m lank uitgestrek of 30 cm lank wanneer dit opgekrul is.

Habitat

Die Bloublasie dryf op die oppervlak van die water. Die tentakels is gewapen met netels wat gebruik word om die prooi te verlam. Dit veroorsaak pynlike brandwonde en die sap van die suurvy verlig die pyn.

P. utriculus is minder versprei as die groter P. physalis, maar is die mees-algemene spesie op die Australiaanse kus. Dit word ook gevind in die water om Hawaii, waar dit genoem word ‘ili mane‘o of "palalia".

Trivia

Die Bloublasievis (Nomeus gronovii) bly in 'n simbiotiese verhouding met bloublasies.

Bron

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Bloublasie: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF
 src= 'n Bloublasie wat in die water dryf.