dcsimg

Swartreier ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

 src=
Egretta ardesiaca

Die swartreier is 'n skaars standvoël wat egter plek-plek algemeen is.

Identifikasie

Die reier is 50 tot 60 cm lank en weeg 280 tot 380 gram. Dit verskil van die Rooikeelreier deurdat hy 'n bonkiger, heeltemal donker reier met donker bene en heldergeel pote is. Hy het die sonderlinge gewoonte om sy vlerke oop te sprei soos 'n sambreel om 'n skaduwee te vorm wanneer hy visvang.

Habitat

Kom een-een of in klein groepies, maar soms in groot swerms, aan die oewers van strandmere, vloedpanne en damme voor. Word nie dikwels langs riviere gesien nie.

Verspreiding

Nomadies. Word gesien in die noordelike en westelike dele van die Vrystaat, die suid-oostelike dele van Oos-Kaap, KwaZulu-Natal, Mpumalanga, Limpopo Provinsie, Noordwes Provinsie, die noordelike deel van Botswana en sommige dele van Zimbabwe.

Ander name

  • Engelse naam: "Black Egret"
  • Wetenskaplike naam: Egretta ardesiaca

Sien ook

Bronnelys

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Swartreier: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF
 src= Egretta ardesiaca

Die swartreier is 'n skaars standvoël wat egter plek-plek algemeen is.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF