dcsimg

Kleinglansspreeu ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die kleinglansspreeu (Lamprotornis nitens) is 'n spreeu in die familie Sturnidae. Dit kom voor in Angola, Botswana, Republiek Kongo, Gabon, Lesotho, Mosambiek, Namibië, Suid-Afrika, Swaziland, Zambië, en Zimbabwe. In Engels staan dit bekend as die Cape starling of red-shouldered glossy-starling.

Identifikasie

Die kleinglansspreeu is gewoonlik so 25 cm groot en weeg tussen 65 tot 112 g. Dit is 'n relatief groot glansspreeu met 'n kort stert wat van die ander blouoorspreeus verskil deurdat dit 'n uniform glansgroen kop sonder donkerblou oordekvere het, plus 'n rooibrons skouerplekkie en glansgroen pens en sye (geen blou of magenta op sye nie). Dit is groter as die swartpensglansspreeu met heelwat helderder, glansender vere, en die pens is glansgroen en nie 'n vaal swart nie. Die jong voël is valer en het strooigeel (nie helder oranjegeel nie) oë.

Habitat

Die kleinglansspreeu woon in savanne, gemengde bosgebied en tuine. Dit kom gereeld in heelwat dorre gebiede voor.

Galery

Sien ook

Bronnelys

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Kleinglansspreeu: Brief Summary ( Afrikaans )