dcsimg

Suidelike waterfiskaal ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Suidelike waterfiskaal (Laniarius ferrugineus) ('ferrugineus' = roeskleurig) is 'n endemiese, algemene standvoël van woudrande, ruigtes en digte kusstreke. Hulle bly een-een of in pare. Die voël is gemiddeld 22 cm groot en weeg 59 gram.

In Engels staan die voël bekend as die Southern boubou. Alhoewel hierdie standvoël en sy familie eens gereken was onder ware laksmanne in die familie Laniidae, is hulle nie naby verwant nie.

Die spesie word aangetref in suidoostelike Afrika, hoofsaaklik in Suidoos-Zimbabwe, die ooste van Botswana, Mosambiek en suidelike en oostelike Suid-Afrika. Hulle woon in digte bosse en woude, mangliet, struikgewas en tuine. In droër areas kom hulle voor in oewerwoud.

Beskrywing

Die manlike Suidelike waterfiskaal is 'n redelik kenmerkende 20–22 cm lang voël met swart bokante wat strek van die bokant van die kop tot by die stert, 'n treffende wit vlerkstreep, en 'n relatief lang swart stert met wit buitevere. Die onderlyf is wit en skakeer na roeskleurig op die maag, onderstert en flanke. Die bek, oë en bene is swart.

Die wyfie is soortgelyk aan die mannetjie, maar donkergrys bo-op en met 'n roeserige blos op die bors. Jong voëls lyk na die wyfie, maar met bruin gespikkel bo-op, 'n gelerige blos op die vlerkbalk, en is gestreep onder.

Die roeskleur op die onderlyf, wat die voël sy wetenskaplike naam gee, onderskei hom van die tropiese waterfiskaal en die moeraswaterfiskaal. Oppervlakkig lyk hulle soos die fiskaallaksman, Lanius collaris, maar het 'n korter stert met meer wit in die vlerke, en is minder opmerklik in gewoontes.

Gedrag

In teenstelling met die ware laksman wat in die oopte sit, verkies die Suidelike waterfiskaal om in digte plantegroei naby aan die grond te wei. Hierdie gewoonte het gelei tot die beskrywings skaam en sluiperig. Diëet-gewys vang die Suidelike waterfiskaal hoofsaaklik insekte wat op die grond of van lae takke af gevang word. Klein knaagdiere, akkedisse, slakke en vrugte is ook op die spyskaart.

Die Suidelike waterfiskaal gebruik 'n duetroep, met 'n ooo-whee-ooo, gevolg deur ooo-ooo-wheee, of wheee-wheee gevolg deur ooo-whee-ooo. Die duet het vele variasies, en die ooo-whee-ooo roep kan verkeerdelik uitgeken word as dié van die swartkopwielewaal. Die alarmroep is 'n dowwe kluk.

Sien ook

Bron

Verwysings

  1. BirdLife International (2012). "Laniarius ferrugineus". IUCN Rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2012.1. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 16 Julie 2012.AS1-onderhoud: ref=harv (link)
license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Suidelike waterfiskaal: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Suidelike waterfiskaal (Laniarius ferrugineus) ('ferrugineus' = roeskleurig) is 'n endemiese, algemene standvoël van woudrande, ruigtes en digte kusstreke. Hulle bly een-een of in pare. Die voël is gemiddeld 22 cm groot en weeg 59 gram.

In Engels staan die voël bekend as die Southern boubou. Alhoewel hierdie standvoël en sy familie eens gereken was onder ware laksmanne in die familie Laniidae, is hulle nie naby verwant nie.

Die spesie word aangetref in suidoostelike Afrika, hoofsaaklik in Suidoos-Zimbabwe, die ooste van Botswana, Mosambiek en suidelike en oostelike Suid-Afrika. Hulle woon in digte bosse en woude, mangliet, struikgewas en tuine. In droër areas kom hulle voor in oewerwoud.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Laniarius ferrugineus ( Asturian )

provided by wikipedia AST
"Map Les especies d'aves con nome común en llingua asturiana márquense como NOA. En casu contrariu, conséñase'l nome científicu o de la SEO.

Laniarius ferrugineus ('ferrugineus' - de color ablondu) ye una especie d'ave paseriforme de la familia Malaconotidae.[2][3]

Distribución xeográfica y hábitat

La especie alcuéntrase nel sureste d'África, principalmente'l sureste de Zimbabue, esti de Botsuana, Mozambique y el sur y este de Sudáfrica. Ye un habitante de los montes trupos espinosos, manglares, parrotales y xardinos. En rexones seques, alcuéntrase en bosquecillos allugaos a la vera de regueros.

Descripción

El machu del bubú ferrugíneo mide unos 21 cm de llargu, les sos partes cimeros son negres y van dende dende la cabeza hasta la cola, tien una franxa blanca conspicua nes nales, y una cola negra relativamente llarga con plumes esteriores blanques. Los sos partes inferiores son blanques tornando a ablondu na parte inferior del banduyu, zona baxa de la cola y lladrales. El so picu, güeyos y pates son negros.

Subespecies

Esisten seis subespecies, que s'estremen polos sos distintos tamaños, colores del envés, tamañu de la coloración ablonda de les sos partes inferiores, y grau de dimorfismu sexual.

  • L. f. savensis da Rosa Pintu, 1963 – sur de Zimbabwe y Mozambique
  • L. f. transvaalensis Roberts, 1922 – sur de Botswana hasta'l norte de Sudáfrica, Suazilandia
  • L. f. tongensis Roberts, 1931 – esti de Sudáfrica hasta'l sur de Mozambique
  • L. f. natalensis Roberts, 1922 – zona interior de Sudáfrica hasta'l Cabu Occidental
  • L. f. pondoensis Roberts, 1922 – Pondolandia
  • L. f. ferrugineus (J. F. Gmelin, 1788) – Cabu Occidental

Referencies

  1. BirdLife International (2012). «Laniarius ferrugineus» (inglés). Llista Roxa d'especies amenazaes de la UICN 2013.2. Consultáu'l 26 de payares de 2013.
  2. Gill, F.; Donsker, D. (Eds.) (2015). Batises, woodshrikes, bushshrikes & vangas. IOC World Bird List (v.5.1).
  3. «Bubú Ferrugíneo (Laniarius ferrugineus) (Gmelin, JF, 1788)». Avibase. Consultáu'l 9 de marzu de 2015.
  • Tony Harris and Kim Franklin, Shrikes & Bush Shrikes (Christopher Helm, 2000) ISBN 0-691-07036-9
  • Ian Sinclair, Phil Hockey and Warwick Tarboton, SASOL Birds of Southern Africa (Struik 2002) ISBN 1-86872-721-1
  • Tobias Merkle, Vocalisations of the Southern Boubou in the Eastern Cape, South Africa (Ostrich 81: 77-79)

Enllaces esternos

"Protonotaria-citrea-002 Esta páxina forma parte del wikiproyeutu Aves, un esfuerciu collaborativu col fin d'ameyorar y organizar tolos conteníos rellacionaos con esti tema. Visita la páxina d'alderique del proyeutu pa collaborar y facer entrugues o suxerencies.
license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia authors and editors
original
visit source
partner site
wikipedia AST

Laniarius ferrugineus: Brief Summary ( Asturian )

provided by wikipedia AST
Laniarius ferrugineus "Map Les especies d'aves con nome común en llingua asturiana márquense como NOA. En casu contrariu, conséñase'l nome científicu o de la SEO.

Laniarius ferrugineus ('ferrugineus' - de color ablondu) ye una especie d'ave paseriforme de la familia Malaconotidae.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia authors and editors
original
visit source
partner site
wikipedia AST