dcsimg

Rodrigues-wewer ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Rodrigues-wewer (Foudia flavicans) is 'n seldsame voëlspesie in die wewerfamilie. Dit is endemies aan Rodrigues, 'n eiland van Mauritius. Dit is by BirdLife International geklassifiseer as kwesbaar.[2] Dit is ook op Bedreigde Spesies Lys die Verenigde State met 'n bedreigde status.[3]

Hierdie voël is 12–13 cm lank. Sy kleur is geel met 'n oranje gesig en bruin rug, vlerke en stert.[2]

Die voël kan gevind word in die blaredak op 'n hoogte van minstens 5 meter, en vlieg soms saam in swerms. Dit kan geassosieer word met die Norfolkeilandden (Araucaria cunninghamii) en 'n paar ingevoerde spesies van plante. Meer voëls word aangetref in gebiede met digter, hoër bome en groter diversiteit van boomspesies.[4] Dit voed op insekte, spinnekoppe, sade, nektar, en vrugte.[2]

Die spesie was voorheen volop op die eiland, maar is byna tot uitsterwing gedryf met net 5 of 6 pare oorblywend in 1968. As gevolg van bewaringspogings het sy getalle weer gestyg tot tussen 900 en 1 200 indiwidue teen die jaar 1999.[2]

Die grootste bedreiging vir die spesie is die vernietiging van sy woudhabitat. Die natuurlike bos is skoongemaak om vir bestaansboerdery en vee plek te maak. Die voël kompeteer ook met sy ingevoerde familielid, die rooi Madagaskarwewer (Foudia madagascariensis). Siklone en droogtes verminder die kosvoorraad.[2]

Bewaringspogings sluit in herbebossing, die hoofoorsaak vir die styging in wewergetalle. Heinings hou ook vee uit.

Verwysings

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Rodrigues-wewer: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Rodrigues-wewer (Foudia flavicans) is 'n seldsame voëlspesie in die wewerfamilie. Dit is endemies aan Rodrigues, 'n eiland van Mauritius. Dit is by BirdLife International geklassifiseer as kwesbaar. Dit is ook op Bedreigde Spesies Lys die Verenigde State met 'n bedreigde status.

Hierdie voël is 12–13 cm lank. Sy kleur is geel met 'n oranje gesig en bruin rug, vlerke en stert.

Die voël kan gevind word in die blaredak op 'n hoogte van minstens 5 meter, en vlieg soms saam in swerms. Dit kan geassosieer word met die Norfolkeilandden (Araucaria cunninghamii) en 'n paar ingevoerde spesies van plante. Meer voëls word aangetref in gebiede met digter, hoër bome en groter diversiteit van boomspesies. Dit voed op insekte, spinnekoppe, sade, nektar, en vrugte.

Die spesie was voorheen volop op die eiland, maar is byna tot uitsterwing gedryf met net 5 of 6 pare oorblywend in 1968. As gevolg van bewaringspogings het sy getalle weer gestyg tot tussen 900 en 1 200 indiwidue teen die jaar 1999.

Die grootste bedreiging vir die spesie is die vernietiging van sy woudhabitat. Die natuurlike bos is skoongemaak om vir bestaansboerdery en vee plek te maak. Die voël kompeteer ook met sy ingevoerde familielid, die rooi Madagaskarwewer (Foudia madagascariensis). Siklone en droogtes verminder die kosvoorraad.

Bewaringspogings sluit in herbebossing, die hoofoorsaak vir die styging in wewergetalle. Heinings hou ook vee uit.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF