dcsimg

Neutkraker (voël) ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die neutkrakers (Nucifraga) is ’n genus van drie spesies sangvoëls in die familie Corvidae wat verwant is aan die gaaie en kraaie. Die genusnaam is ’n Nieu-Latynse vertaling van die Duitse Nussbrecher, "neutbreker".[1]

Beskrywing

Die belangrikste voedselbronne van die neutkrakers is die saad van verskeie dennebome, veral dié in koue klimaatstreke met groot sade: P. albicaulis, P. armandii, P. cembra, P. flexilis, P. koraiensis, P. parviflora, P. peuce, P. pumila, P. sibirica en P. wallichiana, asook die bome van die subgenus Ducampopinus. In sommige streke waar geen van dié dennebome voorkom nie, vorm die saad van spardenne (Picea) en haselaars (Corylus) ’n belangrike deel van die dieet. Die voëls se snawels is spesiaal aangepas om die sade uit die dennekeëls te grawe.

Hulle eet ook verskeie insekte, soos die larwes van bye en perdebye, voëleiers en aas as dit beskikbaar is.

Die neste word gewoonlik hoog op in ’n naaldboom gebou. Twee tot vier eiers word gewoonlik gelê en hulle broei ná 18 dae uit. Nie een van die spesies migreer nie, maar hulle sal hul hougebied verlaat as daar ’n tekort aan kos is.

Bestaande spesies

Verwysings

  1. Jobling, James A (2010). The Helm Dictionary of Scientific Bird Names. Londen: Christopher Helm. p. 276. ISBN 978-1-4081-2501-4.

Eksterne skakels

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Neutkraker (voël): Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die neutkrakers (Nucifraga) is ’n genus van drie spesies sangvoëls in die familie Corvidae wat verwant is aan die gaaie en kraaie. Die genusnaam is ’n Nieu-Latynse vertaling van die Duitse Nussbrecher, "neutbreker".

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF