dcsimg

Tobies ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Tobies (Haematopodidae) is 'n familie van voëls in die orde van steltloperagtiges. Die familie omvat een genus met 11 lewende spesies.[1]

Tobies word reg oor die wêreld in kusgebiede aangetref, met uitsondering van die poolgebiede en sekere tropiese gebiede in Afrika en Suidoos-Asië. Die uitsondering hierop is die bonttobie en die Haematopus finschi wat binnelands broei. Hulle vreet meestal skulpvis soos oesters en mossels wat hulle met hul skerp snawels oopmaak, of selfs teen die rotse kraak.

Die spesies wat aan die familie behoort vertoon min variasie in vorm en grootte. Hulle wissel vanaf 39 tot 50 cm in lente en 72 tot 91 cm in vlerkspan. Die bonttobie is die ligste, en weeg gemiddeld 526 g, terwyl die Haematopus fuliginosus teen gemiddeld 819 g die swaarte weeg. Die vere van alle spesies is oraloor swart, of soms swart bo en wit onder. Hulle is almal lawaaierige kiewiet-agtige voëls, met lang oranje of rooi snawels. Die vorm van die snawel verskil tussen spesies afhangende van hul dieet. Die wyfies het langer snawels en is swaarder as die mannetjies.

Taksonomie

 src=
'n Kuiken
 src=
'n Bonttobie in vlug.

Sien ook

Verwysings

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Tobies: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Tobies (Haematopodidae) is 'n familie van voëls in die orde van steltloperagtiges. Die familie omvat een genus met 11 lewende spesies.