dcsimg

Kiesieblaaragtiges ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die plantorde kiesieblaaragtiges (Malvales) is genoem na die kiesieblaar (Malva parviflora), 'n bekende onkruid in Suid-Afrika wat in die volksgeneeskunde teen allerlei kwale gebruik is. Die orde is in drie families verdeel, naamlik kiesieblare (Malvaceae), linde (Tiliaceae) en kakaobome (Sterculiaceae), wat saam 'n wye verskeidenheid plante soos bome en struike, nywerheidsgewasse en tuinblomme insluit.

Die plantorde Kiesieblaaragtiges (Malvales of Columniferae) het sy naam te danke aan die volksnaam vir die blom Malva parviflora, wat in Nederlands kaasjeskruid genoem word omdat die vrugte soos klein, plat kasies lyk. Die Afrikaanse naam het ontstaan uit 'n vervorming van kaasjesblaar tot keesjesblaar en vandaar tot kiesieblaar. Naas kiesieblaar is daar in Afrikaans nog verskeie ander name vir hierdie plant, soos byvoorbeeld kasie(s)blaar, kesieblaar, kessieblaar of brood-en-botter.

Drie plantfamilies behoort tot die kiesieblaaragtiges, naamlik die lindefamilie (Tiliaceae), die kiesieblaarfamilie (Malvaceae) en die kakaoboomfamilie (Sterculiaceae). Dit is almal bome, struike of kruide met enkelvoudige blare wat dikwels in twee rye langs die stingel gerangskik is. Die blomme is reëlmatig en binne die kroonblare kom gewoonlik twee kranse meeldrade voor, maar by die meeste spesies is die buitenste krans afwesig of bestaan dit uit onvrugbare meeldrade. Die vrugbare meeldrade is dikwels vertak en die helmdrade is met mekaar vergroei. Hierdie eienskap het tot die ouer Latynse naam Columniferae aanleiding gegee aangesien die vergroeide meeldrade 'n klein suil (Latyn: columna) in die middel van die blom vorm.

Verteenwoordigers

Die familie van die linde (Tiliaceae) bestaan hoofsaaklik uit bome en struike met reëlmatige, tweeslagtige blomme wat in klein, hangende byskerms gerangskik is. Aan die voet van die kelkblaar word 'n nektar afgeskei wat veroorsaak dat die blomme ’n indringende, soet geur versprei. Die lindefamilie bestaan uit 45 genera en sowat 400 spesies, waarvan die onderskeie lindebome die bekendstes is. Hulle is in die gematigde klimaatstreke van die Noordelike Halfrond inheems en word dikwels in parke, tuine en veral lane aangeplant.

Die kiesieblaarfamilie (Malvaceae) sluit onkruid, tuinplante en nywerheidsgewasse in. Die gewone kiesieblaar is ’n kruidgewas wat inheems in Europa is maar wat omstreeks die jare 1700 na Suid-Afrika ingevoer is en sedertdien wydverspreid as onkruid aangetref word. Die wit of ligpers blomme is vyfdelig en buiten die gewone kroon en kelk, is daar nog 'n bykelk aanwesig. Die meeldrade het slegs een helmhokkie en is tot ’n buis vergroei. Die vrugbeginsel is veelhokkig en die stamper bestaan uit verskillende style wat onderling vergroei is, terwyl die stempels losstaande is. Wanneer die vruggies ryp word, breek dit in eensadige dele op. In die volksgeneeskunde is die blare van die kiesieblaar in die vorm van 'n pap of tee gebruik teen swere, bloedvinte, senuweepyne en keelaandoenings.

Wanneer perde of beeste die plant vreet. kan hulle dronksiekte (drilsiekte) opdoen, veral as hulle aangedryf of gery word kort nadat hulle dit gevreet het. In die tuin word die kiesieblaarfamilie onder meer deur stokrose (genus Althea), hibiskusse (genus Hibiscus), bebroeide-eiers en Chinese lanterns (genus Abutilon) verteenwoordig. Belangrike nywerheidsgewasse van die familie kiesieblaar is die verskillende katoenspesies (genus Gossypium), waarvan die vrugtesade hare van tot 6 cm lank het. Hierdie saadpluis word tot weefstowwe verspin of tot watte verwerk.

Nouverwant aan die katoenplante is die kapokboom (Ceiba pentandra), wat tot die familie Bombaeaceae behoort. Sy wollerige vrugpluis is vroeër vir matras- en kussingvullings gebruik. Katoenplante en kapokbome is tropiese plante. Van die derde familie, die van die kakaobome (Stereuliaceae), is die gewone kakaoboom (Theobroma cacao) die belangrikste. Dit is inheems in die VSA maar word ook elders gekweek. Die blomme van hierdie plant kom direk aan die hout voor en word deur luise en miere bestuif.

Uit die sade (kakaobone) word vet gepers waarvan kakaobotter gemaak word, en die res word vir die bereiding van sjokolade gebruik. Binne hierdie familie val ook die kolabome (genus Cola), wat inheems aan die tropiese dele van Afrika is. Die sade, wat deur die inheemse bevolking gekou word, bevat die alkaloïede kafeïen en kolatien, wat 'n stimulerende uitwerking het.

Bron

Eksterne skakels

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Kiesieblaaragtiges: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die plantorde kiesieblaaragtiges (Malvales) is genoem na die kiesieblaar (Malva parviflora), 'n bekende onkruid in Suid-Afrika wat in die volksgeneeskunde teen allerlei kwale gebruik is. Die orde is in drie families verdeel, naamlik kiesieblare (Malvaceae), linde (Tiliaceae) en kakaobome (Sterculiaceae), wat saam 'n wye verskeidenheid plante soos bome en struike, nywerheidsgewasse en tuinblomme insluit.

Die plantorde Kiesieblaaragtiges (Malvales of Columniferae) het sy naam te danke aan die volksnaam vir die blom Malva parviflora, wat in Nederlands kaasjeskruid genoem word omdat die vrugte soos klein, plat kasies lyk. Die Afrikaanse naam het ontstaan uit 'n vervorming van kaasjesblaar tot keesjesblaar en vandaar tot kiesieblaar. Naas kiesieblaar is daar in Afrikaans nog verskeie ander name vir hierdie plant, soos byvoorbeeld kasie(s)blaar, kesieblaar, kessieblaar of brood-en-botter.

Drie plantfamilies behoort tot die kiesieblaaragtiges, naamlik die lindefamilie (Tiliaceae), die kiesieblaarfamilie (Malvaceae) en die kakaoboomfamilie (Sterculiaceae). Dit is almal bome, struike of kruide met enkelvoudige blare wat dikwels in twee rye langs die stingel gerangskik is. Die blomme is reëlmatig en binne die kroonblare kom gewoonlik twee kranse meeldrade voor, maar by die meeste spesies is die buitenste krans afwesig of bestaan dit uit onvrugbare meeldrade. Die vrugbare meeldrade is dikwels vertak en die helmdrade is met mekaar vergroei. Hierdie eienskap het tot die ouer Latynse naam Columniferae aanleiding gegee aangesien die vergroeide meeldrade 'n klein suil (Latyn: columna) in die middel van die blom vorm.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Malvales ( Asturian )

provided by wikipedia AST

Malvales ye un orde de eudicotiledóneas perteneciente al clado de les málvidas que se caracteriza por tener flores hipóginas, xeneralmente dialipétales, con carpelos soldaos. Les malvales caracterizar por tener fueyas xeneralmente palmatinervias, más o menos recortaes y dacuando compuestes (digitadas), con un indumento frecuentemente constituyíu per pelos estrellaos. Tienen pétalos llibres o soldaos na base, de prefloración contorta, y reparar un claru enclín a la polistemonia (el númberu de estambres ye cimeru a los 10 que tienen les especies más primitives), teniendo los estambres un marcáu enclín a soldase polos sos filamentu, llegando a formar en delles families una columna (tubu estaminal) qu'envolubra al estilu.

Bibliografía

  • Alverson, W. S., K. G. Karol, D. A. Baum, M. W. Chase, S. M. Swensen, R. McCourt, and K. J. Sytsma (1998). Circumscription of the Malvales and relationships to other Rosidae: Evidence from rbcL sequence data. American Journal of Botany 85, 876-887. (Available online: Abstract)
  • Bayer, C. and K. Kubitzki. 2003. Malvaceae, pp. 225-311. In K. Kubitzki (ed.), The Families and Xenera of Vascular Plants, vol. 5, Malvales, Capparales and non-betalain Caryophyllales.
  • Edlin, H. L. 1935. A critical revision of certain taxonomic groups of the Malvales. New Phytologist 34: 1-20, 122-143.
  • Judd, W.S., C. S. Campbell, Y. A. Kellogg, P. F. Stevens, M. J. Donoghue (2002). Plant Systematics: A Phylogenetic Approach, 2nd edition. pp. 405-410 (Malvales). Sinauer Associates, Sunderland, Massachusetts. ISBN 0-87893-403-0.
  • Kubitzki, K. and M. W. Chase. 2003. Introduction to Malvales, pp. 12- 16. In K. Kubitzki (ed.), The Families and Xenera of Vascular Plants, vol. 5, Malvales, Capparales and non-betalain Caryophyllales.
  • B. C. J. du Mortier (1829). Analyse des Familles de Plantes, avec l'indication des principaux genres qui s'y rattachent, p. 43. Imprimerie de J. Casterman, Tournay.
  • L. Watson and M.J. Dallwitz (1992 onwards). The families of flowering plants: descriptions, illustrations, identification, information retrieval. http://delta-intkey.com
  • B. A. Whitlock (October 2001). Malvales (Mallow). In: Nature Encyclopedia of Life Sciences. Nature Publishing Group, London. (Available online: DOI | ELS site)

Enllaces esternos

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia authors and editors
original
visit source
partner site
wikipedia AST

Malvales: Brief Summary ( Asturian )