dcsimg
Unresolved name

Apheliscidae

Apheliscidae ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Apheliscidae is 'n familie uitgestorwe plasentale soogdiere uit die Paleogeen van Noord-Amerika.

Van die genusse is: Aletodon, Apheliscus, Chambius, Dorraletes, Gingerichia, Haplaletes, Haplomylus, Litomylus, Phenacodaptes, Utemylus [1]

Die taksonomiese posisie is onduidelik. Hulle is waarskynlik verwant aan die Europese Louisinidae[2] en aan die Amphilemuridae. Hulle is soms beskou as onderdeel van die Afrikaanse orde Macroscelidea (die klaasneuse) wat tot die Afrotheria behoort, 'n groep wat lank endemies aan Afrika was. Onlangse kladistiese ontleding (Halliday 2015)[3] plaas Haplomylus (Noord-Amerika en China) en Apheliscus Noord-Amerika saam met twee lede van die Amphilemuridae en Teilhardia ('n Lousinied[2]) in 'n klade aan die basis van die Laurasiatheria wat geografies beter ooreenkom. Die takson Chambius betref egter fossiele uit Algerië en Tunisië[4] en word deur Halliday in die Afrotheria-tak aangetref.[3]

Verwysings

  1. Fossilworks.
  2. 2,0 2,1 Early Palaeogene Louisinidae (Macroscelidea, Mammalia), their relationships and north European diversity Jerry J. Hooker, Donald E. Russell Zoological Journal 2012, 164(4), 856-936
  3. 3,0 3,1 Resolving the relationship of Paleocene Placental mammals, Thomas J. D. Halliday, Paul Upchurch, Anjali Goswami Biological Reviews 92(1) 2015, 521-550
  4. Fossilworks Chambius.
license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Apheliscidae: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Apheliscidae is 'n familie uitgestorwe plasentale soogdiere uit die Paleogeen van Noord-Amerika.

Van die genusse is: Aletodon, Apheliscus, Chambius, Dorraletes, Gingerichia, Haplaletes, Haplomylus, Litomylus, Phenacodaptes, Utemylus

Die taksonomiese posisie is onduidelik. Hulle is waarskynlik verwant aan die Europese Louisinidae en aan die Amphilemuridae. Hulle is soms beskou as onderdeel van die Afrikaanse orde Macroscelidea (die klaasneuse) wat tot die Afrotheria behoort, 'n groep wat lank endemies aan Afrika was. Onlangse kladistiese ontleding (Halliday 2015) plaas Haplomylus (Noord-Amerika en China) en Apheliscus Noord-Amerika saam met twee lede van die Amphilemuridae en Teilhardia ('n Lousinied) in 'n klade aan die basis van die Laurasiatheria wat geografies beter ooreenkom. Die takson Chambius betref egter fossiele uit Algerië en Tunisië en word deur Halliday in die Afrotheria-tak aangetref.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF